Graaff-Reinet Advertiser

Splinternu­we baadjie vir kleutersko­ol

- HANNES VISSER

CALITZDORP - Danksy die kunstalent en toewyding van vier inwoners van Calitzdorp is ‘n kleutersko­ol besig om heeltemal van gedaante te verander.

Angela Diedericks en haar drie helpers, Estella Diedericks, Duan Diedericks en Gailiano Dondas is reeds meer as drie weke besig om die geboue van Die Heuwel Speelskool in reuseskild­erye te verander.

Angela het Dinsdag aan Oudtshoorn Courant gesê die eienaar van die grond waarop die skool geleë is, het haar genader om die skool op te helder.

“Dit is ‘n wonderlike geleenthei­d, hy het borge vir al die verf en dit is vir ons vier ook ‘n inkomste vir solank as wat die projek duur,” het Angela gesê.

Volgens haar word ongeveer 300 kleuters tussen die ouderdomme van 2 en 6 jaar by die skool gehuisves. Sy is self ‘n kleutersko­olonderwys­eres, maar sy het nie ‘n pos nie.

“Hierdie projek is nie net iets om ons besig te hou nie, dit is ook ‘n manier waarop ons ‘n daadwerkli­ke verskil aan die gemeenskap kan maak,” sê sy.

Teen Dinsdag was hulle na bykans drie weke se werk, ongeveer halfpad met die eerste gebou en die span hoop om al drie die geboue se versiering binne die volgende twee maande te voltooi.

Volgens Angela teken sy eers die ontwerpe op papier sodat die eienaar van die grond dit kan goedkeur. Daarna teken sy die sketse vryhand op die muur en dan begin die verfwerk.

“Duan en Gailiano doen vir ons die groot werk om die agtergrond­e te verf en dan verf ek en Estella die mense en ander kleiner voorwerpe.”

Die Heuwel Speelskool lê langs die

R62 net buite Calitzdorp onderweg na Ladismith.

 ??  ?? Die eerste gebou van drie by die skool wat geverf word.
Die eerste gebou van drie by die skool wat geverf word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa