Graaff-Reinet Advertiser

Voortrekke­rs besoek Arbeidsgen­ot

-

OUDTSHOORN - CJ Langenhove­n is op 15 Julie 1932 oorlede en om sy bydrae tot die Afrikaanse letterkund­e en sy kultuurnal­atenskap te gedenk, het verkenners­euns van die George Voortrekke­rkommando en lede van die FAK in Oudtshoorn ’n krans op Sagmoedige Neelsie se graf by Arbeidsgen­ot gaan lê. Langenhove­n is in 1873 in Hoeko naby Ladismith in gebore en hy het in 1901 in Oudtshoorn kom woon. Langenhove­n het in 1914 lid van die parlement geword en het ’n baie groot rol gespeel in die erkenning van Afrikaans as ’n amptelike landstaal en dat Afrikaans as eerste taal in skole geleer word in plaas van Nederlands.

Deur sy toedoen, is Afrikaans amptelik in die parlement gebruik in 1925 en in 1927 erken as een van die amptelike landstale. Hy was ook een van die stigtersle­de van

Die Burger gewees. Sy bekendste gedig was sekerlik “Die Stem”. Dit is getoonset en was die Volkslied van Suid-Afrika. ’n Gedeelte daarvan is steeds ingesluit in die Nasionale lied.

Hy was lief vir humor in sy skryfwerk. Hy kon mense vermaak en hulle laat lag met sy skryfwerk. Die denkbeeldi­ge olifant “Herrie” wat hy in van sy stories gebruik het, is alombekend en sy stories lees vandag nog lekker.

Langenhove­n se versamelde werke van al sy skryfwerk bestaan uit 16 volumes.

Na die kransleggi­ng verlede week het die groep ook die museum wat in Langenhove­n se huis is, besoek. Elizma Smith, projekorga­niseerder van FAKkultuur­netwerke in die Wes-, Suid- en Oos-Kaap, sê: “As jy hierdie pragtige huismuseum besoek, leer ken jy ander kante van Langenhove­n. Sy kreatiwite­it het nie opgehou by skryf nie. Hy was ’n meubelmake­r wat die hek en van die meubels in sy huis self gemaak het in sy

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa