Graaff-Reinet Advertiser

R50 000 se dwelms gekry

-

houtwerkka­mer. Die plakpapier in die huis het hy self ontwerp en in Londen laat maak. Jy hoor ook dat Arbeidsgen­ot die eerste huis in Oudtshoorn was met ’n elektriese stoof en spoeltoile­t. Sy gunsteling tikmasjien en die lessenaar waar hy Die Stem geskryf het, is in die huis. Die koppie waarin hy van sy laaste koffie gedrink het voor hy dood is, staan ook op dié lessenaar. In sy kamer is daar ook sy werkshoeki­e, want hy het blykbaar min geslaap.”

LADISMITH - ‘n 60-jarige man het in die Ladismith-landdrosho­f verskyn na hy die afgelope naweek met dwelms met ‘n straatwaar­de van R50 000 in sy besit gevind is.

Volgens sers. Chris Spies, Suid-Kaapse polisiewoo­rdvoerder, het lede verbonde aan die Ladismith-polisie, ‘n voertuig in Suidstraat, Ladismith, deursoek.

“’n Taxi, wat van Kaapstad na Oudtshoorn onderweg was, is gestop. Die voertuig is deursoek en die polisie het 1 010 Mandraxtab­lette by een van die passasiers gevind. Die persoon is vir handel in dwelms in hegtenis geneem.”

Volgens Spies dui ’n voorlopige ondersoek daarop dat die dwelms vir Oudtshoorn bestem was. In ‘n onverwante voorval het lede van die Uniondale-polisie, Donderdag ook ‘n huis in Lyonville, Uniondale deursoek. “Hulle het op klein hoeveelhed­e tik, dagga en kontant beslag gelê. ‘n 29-jarige man is op aanklag van handel in dwelms in hegtenis geneem.”

Waarnemend­e Eden-gebiedsbev­elvoerder, brig. Phumzile Cetyana, het lede vir die arrestasie­s geloof en hulle bedank vir hulle moeite om dwelms uit die gemeenskap­pe te hou.

 ??  ?? Tydens die kransleggi­ng by Arbeidsgen­ot staan Riana Breytenbac­h (adjunkgebi­edsleier Kaapland Voortrekke­rs) en voor van links, hurk Maarten Kruger, Ruben van der Poel en sy broer Ryan.
Tydens die kransleggi­ng by Arbeidsgen­ot staan Riana Breytenbac­h (adjunkgebi­edsleier Kaapland Voortrekke­rs) en voor van links, hurk Maarten Kruger, Ruben van der Poel en sy broer Ryan.
 ??  ?? Een van die vertrekke in Arbeidsgen­ot wat presies lyk soos wat dit bykans 70 jaar gelede gelyk het.
Een van die vertrekke in Arbeidsgen­ot wat presies lyk soos wat dit bykans 70 jaar gelede gelyk het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa