Graaff-Reinet Advertiser

SAPD skenk aan Odin

- LIEZL VAN NIEKERK

OUDTSHOORN - Lede verbonde aan die Oudtshoorn-polisie het verlede Vrydag ‘n reuseskenk­ing vir Mandeladag aan Oudtshoorn Dogs in Need (Odin) gemaak.

Volgens kapt. Ronel Westraad, wat die skenkings bymekaar gemaak het, is dit die tweede jaar wat hulle kos aan Odin oorhandig.

“Weens Covid-19 kon ons dit nie verlede jaar doen nie, maar Odin is ons Mandeladag­projek.

Dit is egter nie iets wat oornag gebeur nie.

Ons het deur die jaar byvoorbeel­d pannekoek en jafels verkoop om geld in te samel.”

Volgens haar was Bart Tweelinckx hulle grootste borg.

“Ons het amper R6 000 ingesamel en kon daarmee 300 kg hondekos, 30 kg katkos en blikkiesko­s vir die diere koop.”

Polisiebea­mptes het dit Vrydag aan Linda Nel van Odin oorhandig.

“Julle sal nooit weet hoe baie die skenking vir ons beteken nie.

“Ons wil almal wat bygedra het uit ons harte bedank,” het Nel gesê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa