Graaff-Reinet Advertiser

Aanrander ses jaar gevonnis

- GARNETT WICOMB

PRINS ALBERT - ‘n Man van wat sy meisie se gesig met brandende plastiek verbrand het, is Woensdag in die Oudtshoorn-streekhof ses jaar gevangenis­straf opgelê vir aanranding met die opset om ernstig te beseer.

Benjamin Jonas (30) het tereggesta­an op aanklag van poging tot moord na hy die aand van 6 November 2020 ‘n ysterbak met vlammende plastiek na Celeste Sass gegooi en sy ernstige brandwonde aan haar gesig opgedoen het.

Sass het getuig dat Jonas, met wie sy vir agt jaar in ‘n verhouding was, haar die betrokke aand by ‘n vriendin se huis kom haal het en nog R50 van haar gevat het nadat sy vroeër die dag al geld aan hom gegee het.

Sy het hom agternages­it en klippe na sy opslaanhut gegooi.

Hy het toe die vlammende plastiek op haar gegooi.

Volgens haar het die plastiek aan haar gesig vasgesit en toe sy dit aftrek het dit ook van haar vel afgetrek.

Die staatsaank­laer, Elaine Plaatjies, het die hof versoek vir ‘n vonnis wat Jonas vir lank agter tralies sal hou omdat hy nie van vorige kanse gebruik gemaak het nie. Hy rand Sass gereeld aan en is al daarvoor gevonnis. Hy toon ook geen berou nie.

Jonas se regshulppr­okureur, Cindy Murray-Smith, het die hof vir ’n gedeelteli­ke opgeskorte vonnis gevra.

Streekland­dros Daniel Boks het met vonnisople­gging gesê Jonas het Sass se gesig so geskend dat die letsels vir ewig daar sal bly. Sy het nie geld vir veloorplan­tingsopera­sies nie en kan hom nie vergewe vir wat hy aan haar gedoen het nie. Sy moes baie pyn verduur en het naar geraak toe sy na haar gesig kyk.

‘n Korrektiew­e verslag meld dat niemand Jonas blyplek wil gee indien hy ‘n opgeskorte vonnis sou kry nie, nie eers sy eie ma nie.

Hy het die vrou wat hy moet beskerm ernstig aangerand.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa