Graaff-Reinet Advertiser

Huldeblyk aan ‘n merkwaardi­ge onnie

- Hannelie Wormald

“Die dood kom dikwels vir meeste van ons ontydig - of dit deur ‘n ongeluk of siekbed oor ons pad kom.” - Prof. Koos Adendorff.

Vir die breër Hangklip-familie was die skielike hartseernu­us van Hannelie Wormald se dood ’n groot skok en sonder twyfel, ontydig.

Henko Serfontein, skoolhoof by Laerskool Hangklip, deel graag die huldeblyk.

“Soos ons deur ons lewensreis gaan, is daar mense met wie ons kontak het, met wie ons selfs goeie verhouding­e sal hê, maar wie nie werklik enige blywende impak op jou lewe maak nie. Dan kry jy spesiale mense. Dis die individue wat deur hul optrede, hul opregtheid en hul werklike belangstel­ling, ’n wesenlike verskil in die lewe maak.

“Op Sondag 11 Julie het Laerskool Hangklip so ’n kosbare spesiale onderwyser, kollega en vriendin verloor. Hannelie het in 1985 haar onderwyslo­opbaan by Laerskool Hangklip begin. Die afgelope 35 jaar het sy haar hele lewe gegee en toegewy aan ons skool, die skool waarvoor sy ’n ongeloofli­ke liefde gehad het.

“Hannelie was ’n lojale en getroue kollega. Saam kon ons lag en huil. Sy was altyd bereid om te help en altyd byderhand met ’n praktiese plan.

“Sy was ’n vrou met ‘n sterk persoonlik­heid, wat leiding geneem het en nie sommer “nee” vir ’n antwoord gevat het nie. Sy was ’n streng leier vir die grondslagf­ase, wat altyd hoë eise aan haarself en haar kollegas gestel het. Haar mentorskap vir beginneron­derwysers kan vandag in ons personeel gesien word.

“Streng dissipline was ononderhan­delbaar, maar die belange van ons leerders en regverdigh­eid teenoor hulle was altyd haar prioriteit. Sy het altyd daarna gestreef om elke Klippie optimaal tot sy of haar potensiaal te ontwikkel.

“Onder kollegas sal sy altyd onthou word as die stylvolle dame wat jy elke dag deur ’n ring kon trek. Jy kon met enige probleem na haar toe gaan en sy sou jou help.

Respek het sy nooit afgedwing nie, maar dit vanselfspr­ekend ontvang.

“Die meeste kollegas wat nie Hangklippe­rs is nie, sal haar onthou as ’n gedugte teenstande­r op die netbalbaan. Kleintyd was die skoolbus op ’n Saterdagog­gend vir Carmen en Kyle, haar kinders, ’n tweede tuiste, maak nie saak hoe vroeg of hoe koud nie. Sy het haar netbalspan deur dik en dun ondersteun en elke dogter ten volle ontwikkel. “Haar kennis en oog vir talent in netbal sal vir lank gemis word.

“Woorde klink leeg, maar ons harte is vol dankbaarhe­id vir die verskil wat sy in elke Klippie se lewe gemaak het.

“Hannelie was onder leerders, ouers en haar kollegas bekend as ‘n baie bekwame graad 1-juffrou wat vir baie leerders die grondslag tot hul skoolloopb­aan gevestig het.

“Sy was vir leerders ’n veilige vesting, want sy was elke dag dieselfde, ’n ware voorbeeld van regverdigh­eid en konsekwent­heid en wat bied kinders meer sekuriteit as dit? Ons harte is stukkend, maar sal die mooi herinnerin­ge met ons saamneem.

“Dit is só moeilik om totsiens te sê vir iemand wat in jou hart gekruip het. Ons neem so maklik aan hulle sal maar altyd deel wees van jou daaglikse bestaan. Op ’n dag verander alles en die toekoms lyk skielik onseker.

“Sekere onderwyser­s kan nie vervang word nie. Ja, ’n nuwe onderwyser kan aangestel word, maar sommige onderwyser­s bly net altyd onvervangb­aar.

“Hannelie was voorwaar ’n onderwyser­es en kollega wat ’n groot leemte in

Laerskool Hangklip en in die breër onderwysge­meenskap gaan laat.

“Vergaderin­gs, personeelk­amer en die gange van Laerskool Hangklip gaan stil en leeg voel sonder hierdie merkwaardi­ge vrou. Rus sag ons geliefde onderwyser­es, kollega en vriendin. Jy gaan voorwaar gemis word.

Mag God aan Carmen, Kyle en die familie die nodige vrede en kalmte gee om Sy Wil van gee en neem te aanvaar.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa