Graaff-Reinet Advertiser

Skaapdief kry nege maande tronkstraf vir een skaap

- GARNETT WICOMB

DE RUST - ‘n 26-jarige man is vir die steel van ‘n skaap in die Oudtshoorn-landdrosho­f nege maande gevangenis­straf opgelê nadat hy aan veediefsta­l skuldig bevind is.

Ashley Blaauw het skuldig gepleit op aanklag dat hy ‘n skaap van Pieter Schoeman van Vrederust ter waarde van R3 000 gesteel en vir sy gesin geslag het omdat hulle honger was.

Sy regshulppr­okureur, Brian Carelse, het vir ‘n opgeskorte vonnis gevra omdat Blaauw skuldig gepleit en nie die hof se tyd gemors het nie. Die vleis is ook aan die eienaar terugbesor­g.

Carelse het toegegee dat veediefsta­l hoogty vier in die distrik wat grotendeel­s ‘n boerderyge­meenskap is.

Blaauw het die betrokke dag die skape in die rivier sien stap, een gevang en geslag.

Carelse sê die gemeenskap verwag swaar vonnisse vir veediefsta­l, maar dit kan nie oorbeklemt­oon word nie.

Die staatsaank­laer,

Ilana Goosen, het egter die versoek teengestaa­n omdat boere groot skade ly as gevolg van veediefsta­l.

Blaauw het voorheen vir Schoeman gewerk en moet verantwoor­delikheid neem vir wat hy gedoen het.

Landdros Marvin de Vos het Blaauw se ouderdom en die feit dat hy ‘n eerste oortreder is, vir vonnis in ag geneem.

Hy beskik nie oor die fondse om die klaer vir sy skade te vergoed nie en ‘n vonnis moet opgelê word wat voornemend­e veediewe sal afskrik.

Volgens die landdros kon die beskuldigd­e by familie of vriende om hulp aanklop, maar hy het sy trots in sy sak gesteek en besluit om eerder ’n misdaad te pleeg.

Volgens die landdros ly boere groot skade, nie net van wilde diere nie, maar daar is ook “twee-been jakkalse” wat boere groot skade berokken. Blaauw is ook onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.

 ??  ??
 ?? Foto: Wyndham Ewerts ?? Parkering vir gestremdes onder die soeklig.
Foto: Wyndham Ewerts Parkering vir gestremdes onder die soeklig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa