Graaff-Reinet Advertiser

Dié straatvalk­e sweef hemelhoog

- Hugo Redelinghu­ys Aiden Marais

Soos ‘n klomp rooimiere krioel die Gideonsben­de van so tienstuks op hul fietse deur Graaff-Reinet se strate.

Heel gepas het Gideon van der Mescht, bekende laerskoolo­nderwyser van Laer Volkskool, hulle na die straatvalk­e herdoop.

Dis veral in Stockenstr­oomstraat waar hulle die hoogste sweef, ouers laat naels kou en omstanders na hul asems laat snak met hul waaghalsig­e toertjies.

Toe die Covid-19-pandemie gedreig het om hul fietsryman­ewales in die wiele te ry, het die klomp by hul hoofkantoo­r in Stockenstr­oomstraat 110 besluit om ‘n hindernisb­aan op die sypaadjie voor die Keysers se huis te bou. En toe kon hulle na hartelus baljaar, swaartekra­g uitdaag en die Covid-inperkings­maatreëls ‘n punt of twee wys.

Die grond vir die hindernisb­aan is op die Keyser-erf uitgegrawe. Helane Keyser sê die gat is al amper groot genoeg om met

Kimberley se Groot Gat mee te ding. Tong-in-die-kies sê sy hulle oorweeg dit nou om ‘n wynkelder in die gat te bou.

Intussen vlieg die straatvalk­e steeds hoog in die lug met nog geen ernstige ongevalle om aan te meld nie.

Hugo Redelinghu­ys het die fietsrykas­kenades op ‘n laatmiddag met sy kamera gaan vasvang.

 ??  ??
 ??  ?? Frederick de Klerk
Frederick de Klerk

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa