Graaff-Reinet Advertiser

Digbundel vlieg op radiogolwe

- LIEZL VAN NIEKERK

OUDTSHOORN - Danksy Radio

Klein Karoo, die aanlyn-radiostasi­e wat in Januarie begin is, kon ‘n gesprek oor die pandemie-digbundel, Maskers en mure, Saterdagog­gend deur luisteraar­s oor die wêreld heen gevolg word.

Cyril Clarke, een van die aanbieders by Radio Klein Karoo het Saterdagog­gend op sy program, Klets met Clarke, vir bykans 90 minute met Hannes Visser oor dié uitsonderl­ike bundel en ook oor Visser se eie digkuns gesels. Tydens die gesprek het verskeie mense in die buiteland geluister en selfs in Spanje het elf Afrikaanss­prekendes ingeskakel.

Maskers en mure is deur Turksvy Publikasie­s, waarvan Visser ‘n direkteur is, in samewerkin­g met die KKNK, ATKV, Absa, Wes-Kaapse departemen­t van kultuursak­e en sport en die Jannie Mouton-stigting uitgegee.

Die bundel bevat gedigte van 80 bekende Afrikaanse digters asook 62 gedigte van opkomende digters met die Covid-19pandemie as tema.

Daar is aanvanklik ‘n groot oplaag van 700 kopieë gedruk en die digbundel was vir twee maande tot en met 13 Augustus slegs aanlyn op die KKNK se webtuiste te koop. Dit is egter sedert Maandag vrylik beskikbaar en kopieë word onder andere deur PNA op Oudtshoorn aangehou.

Dit kan ook by turksvypub­likasies@gmail. com bestel word.

Tydens die gesprek het Clarke en Visser oor digkuns in die algemeen gesels en Visser het ook oor sy persoonlik­e lewe en oor sy eie digbundel, die jaar toe pa..., gesels.

Hy het gesê hy is trots op dit wat hy en Marlene Malan, mededirekt­eur van Turksvy Publikasie­s en eggenote van die digter Daniel Hugo, tot dusver bereik het. Toe Clarke hom gepols het oor ‘n moontlike volgende saamgestel­de bundel het hy die aap uit die mou gelaat dat daar die moontlikhe­id van ‘n volgende bundel in samewerkin­g met die KKNK is wat daarop gaan fokus om ongepublis­eerde digters van oor die hele land te betrek vir ‘n bundel met “vars verse”.

Danie le Roux, eienaar van Radio Klein Karoo, was glad nie verbaas oor die aantal buitelande­rs wat na die uitsending geluister het nie. Volgens hom is dit juis die groot voordeel van ‘n aanlyn-radiostasi­e.

“Mense kan op enige plek ter wêreld die toepassing aflaai en met die druk van ‘n knoppie selfs op hulle slimfone na Radio Klein Karoo luister,” sê hy.

Die radiostasi­e het tans meer as 30 000 volgelinge op hulle Facebook-blad waarvan talle in die buiteland woon.

 ?? Vlieg vorentoe, ?? Hannes Visser (links voor), Cyril Clarke, Danie le Roux (links agter) en Radio Klein Karoo se klankman Leon Liebenberg, in die ateljee tydens Saterdag se gesprek. INLAS: Verskeie kopieë van Maskers en mure is reeds in die buiteland. Hier is Irize Loots, ‘n Afrikaanse digter in Nederland, met haar kopie. Haar eie bundel, is vroeër vanjaar deur Turksvy publikasie­s uitgegee.
Vlieg vorentoe, Hannes Visser (links voor), Cyril Clarke, Danie le Roux (links agter) en Radio Klein Karoo se klankman Leon Liebenberg, in die ateljee tydens Saterdag se gesprek. INLAS: Verskeie kopieë van Maskers en mure is reeds in die buiteland. Hier is Irize Loots, ‘n Afrikaanse digter in Nederland, met haar kopie. Haar eie bundel, is vroeër vanjaar deur Turksvy publikasie­s uitgegee.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa