Graaff-Reinet Advertiser

Hugs of Hope kry eie opleidings­entrum

- TERESA OPPERMAN

HOFMEYR - Hofmeyr Hugs of Hope, ‘n opleidings­instansie in Hofmeyr, het die afgelope week ‘n groot droom verwesenli­k toe hulle na hul eie opleidings­entrum kon verhuis.

Die nuwe lokaal is geleë in Hattinghst­raat en binne loopafstan­d vanaf die kerksaal, wat ook as die gemeenskap­sentrum bekendstaa­n.

Die instansie, wat reeds sedert 2017 vanaf die NG kerksaal bedryf word, het reeds verskeie mense in talle kursusse opgelei. Ongelukkig was die kerksaal nie voltyds beskikbaar nie. ‘n Filantroop het nou ‘n gebou aangekoop vir Hugs of Hope waar alle kursusse aangebied kan word. Die ou naaldwerkl­okaal het reeds die afgelope week begin oorskuif na die nuwe lokaal en daar is ook genoegsame water en ruimte om met die tuiniersop­leiding te begin. Daar is ook ‘n ontspannin­gskamer ingerig vir wanneer die studente vir ete of tee breek.

Educare-, Home Based Care-, finansiële bestuur-, en Abetopleid­ing sal voortaan ook vanaf die nuwe lokaal aangebied word. Opleiding in naaldwerk word sedert die ontstaan van Hugs of Hope op ’n voltydse basis aangebied en alle naaldwerke­rs wat aan die vereiste vaardighei­dsvlakke voldoen, ontvang ‘n naaimasjie­n om hul naaldwerk tuis te beoefen en hul eie inkomste te verdien.

Vyf vrywillige­rs vanuit die Hofmeyr-gemeenskap is voltyds betrokke by die instansie en is altyd op bystand om enige navrae te hanteer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa