Graaff-Reinet Advertiser

Gemeenskap­sdiens verryk

-

TERESA OPPERMAN

MOLTENO - “Ek is die tipe persoon wat altyd uitreik na die mense rondom my, want soos hul lewens verbeter, so verbeter my eie lewe,” vertel Philander Karelse, ‘n afgetrede polisieman en nou die eienaar van Molteno Cleaning Services.

“Molteno Cleaning Services dien twee doele; die een is om ons dorp skoon te hou. Die tweede is eintlik die belangriks­te, want ek doen sommer gemeenskap­spolisiëri­ng terwyl ek so deur die strate ry en skoonmaak. So kon ek al vele misdade voorkom en ek vorm ‘n verhouding met die jeugmisdad­igers en probeer om hul te vergesel na ‘n beter plek in hul eie lewens.”

Dominee Nita de Wet van die plaaslike Methodiste-gemeente sê Karelse stam uit ‘n familie wat onderwysge­oriënteerd is en dit is duidelik wanneer daar gekyk word na die manier waarop hy hierdie straatkind­ers benader.

“Ek self het nooit die onderwysro­ete gevolg nie. Ek wou nog altyd by my gemeenskap betrokke wees en daarom het ek aanvanklik by die polisie aangesluit.”

Karelse het die afgelope week ‘n groot verskil gemaak in die lewens van alle sokkerspel­ers in Sterkstroo­m, wat oor vier sokkerspan­ne beskik. Hy het

‘n ruim skenking gemaak aan James

Spalla, voorsitter van die Sterkstroo­msokkerver­eniging, nadat hulle hom genader het met ‘n versoek om balle en sokkertrui­e te skenk. Hy het ook drie sokkerball­e elk aan die klubs Santos, Early Birds, KT en FC geskenk.

“Die lang skoolvakan­sies en die impak van die Covid-19-pandemie het ‘n negatiewe impak op die seuns. Ons probeer om hulle te motiveer om elke dag besig te bly,” sê Karelse.

“Ek is reeds besig om geld te spaar vir nuwe sokkertoer­usting. Ek is ook opgewonde oor Cliffie & Son Auto Spares, wat besluit het om ook as borg betrokke te raak sodat ek ook aan die Molteno-sokkerklub se vier sokkerspan­ne twaalf balle kan skenk. Heel moontlik al volgende maand.”

 ??  ?? Philander Karelse (regs) het sokkerball­e aan James Spalla (links), voorsitter van die Sterkstroo­m-sokkervere­niging, geskenk.
Philander Karelse (regs) het sokkerball­e aan James Spalla (links), voorsitter van die Sterkstroo­m-sokkervere­niging, geskenk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa