Graaff-Reinet Advertiser

Geliefde terapeut sterf

- LIEZL VAN NIEKERK

OUDTSHOORN - ‘n Geliefde skoonheids­deskundige, Christa Bower (59), is Saterdag na ‘n kort siekbed oorlede.

Christa het ongeveer twee weke gelede siek geword waarna sy met Covid-19 gediagnose­er is. Volgens haar man, Wessels Bower, is sy in die hospitaal opgeneem en Donderdag na ‘n hospitaal in George oorgeplaas waar sy aan ‘n ventilator gekoppel is.

“Haar een long het weens Covid hard geword wat veroorsaak het dat haar bloeddruk erg geval het. Haar niere en hart het daaronder gely en haar organe het ingegee.”

Bower sê haar dood is vir hulle as gesin ‘n geweldige harde slag.

“Dit voel of die mat heeltemal onder ons voete uitgeruk is. Sy was ons almal se steunpilaa­r en haar kinders en kleinkinde­rs was haar passie”

Bower sê sy vrou het ook ‘n sagte plek vir al haar kliënte gehad.

“Sy het altyd uit haar pad gegaan vir haar kliënte, veral die ouer mense. Sy het in Covid-tyd pakkies vir almal opgemaak en vir hulle afgegee sodat hulle moet weet sy dink aan hulle. Sy het ‘n hart van goud gehad en was altyd dieselfde teenoor almal.”

Bower en Christa was ou skoolliefd­es. Sy was ongeveer 13 jaar oud toe hulle begin uitgaan het en hulle was 38 jaar getroud.

“Sondag het dit my die hardste getref toe ek besef dat ek haar nooit weer met ‘n beker koffie sal kan wakker maak nie. Ons sien haar oral in die huis.”

Haar dogter Christel Reid sê sy en haar ma het Christa’s Skoonheid en Haarklinie­k saam bedryf.

“Sy was my beste maat. Ons het altyd alles saam gedoen. Sy het ongeloofli­k baie moeite vir haar kinders en kleinkinde­rs gedoen. Alhoewel sy ons amper elke dag gesien het, kon sy nooit genoeg van ons kry nie en het altyd Sondae gebel om te hoor wat ons doen. Sy het ‘n paar maande terug vir my gesê sy sal altyd daar wees vir my tot die dag wat sy dood is. En sy was. Ek het net nooit gedink ons tyd saam sal so kort wees.”

Huldeblyke het die afgelope week op Facebook ingestroom vir Christa en veldtog #rooilippie­svirchrist­a is ook op Facebook begin. Maandag het kliënte en vriende die geleenthei­d gekry om blomme op die salon se stoep neer te sit.

Bower sê Christa word Saterdag 11:00 op die plaas op Matjiesriv­ier, waar sy groot geword het begrawe.

“Haar broers en haar pa lê ook daar. Sy wou graag by hulle wees en oor die berg uitkyk.

 ?? Foto: Liezl van Niekerk ?? Blomme is Maandag ter nagedagten­is van Christa Bower op haar salon se stoep neergesit.
Inlas: Christa Bower
Foto: Liezl van Niekerk Blomme is Maandag ter nagedagten­is van Christa Bower op haar salon se stoep neergesit. Inlas: Christa Bower

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa