Graaff-Reinet Advertiser

Aanstellin­g gaan in hof draai

- LIEZL VAN NIEKERK

OUDTSHOORN - Die aanstellin­g van ‘n nuwe waarnemend­e munisipale bestuurder tydens ‘n raadsverga­dering Vrydag, gaan in die hof betwis word.

Walter Hendricks, wat die afgelope vier en ‘n half jaar direkteur van gemeenskap­sdienste in George was, is Vrydag tydens ‘n raadsverga­dering in die plek van Reginald Smith as waarnemend­e munisipale bestuurder aangestel. Dit het gebeur nadat die samewerkin­g wat daar tussen raadslede van die DA, Icosa en Sarco was blykbaar skipbreuk gely het en Sarco en Icosa hulle by die ANC geskaar het en die nuwe aanstellin­g gemaak het. Die DA het die aanstellin­g teengestaa­n.

Oudtshoorn-burgemeest­er, Chris Macpherson, het hierdie week gesê die regmatige prosesse om ‘n waarnemend­e munisipale bestuurder aan te stel is nie gevolg nie.

“Ons wil nie onnodig hof toe gaan nie, maar ons het geen ander keuse gehad as om die hof te nader vir ‘n dringende interdik om die aanstellin­gsproses as onwettig te verklaar nie,” het hy Woensdag gesê nadat die interdik Dinsdag in die landdrosho­f in Thembaleth­u, George, toegestaan is. Macpherson en Smith was die applikante vir die interdik. Volgens Macpherson word die saak op 9 September in die hof aangehoor. “Wat ons aanbetref is Smith steeds die regmatige waarnemend­e munisipale bestuurder,” het Macpherson gesê.

Intussen het Hendricks Dinsdag in ‘n gesprek met Oudtshoorn

Courant oor sy aanstellin­g gesê hy sien daarna uit om die gemeenskap van Oudtshoorn te dien en hy het ook gereageer op ‘n vraag oor ‘n hofsaak waarby hy tans betrokke is wat betrekking het op ‘n saak tydens sy aanstellin­g by die Georgemuni­sipaliteit.

“Ek weet talle mense is bewus van die hofsaak waarin ek een van vier beskuldigd­es is.

“Die provinsie het die klag teen ons aanhangig gemaak. Ek wil die gemeenskap verseker dat ek geen geld gesteel het nie. Daardie geld is vir die regte goed aangewend. Ek vra ook die gemeenskap om in gedagte te hou dat ek onskuldig is tot die hof my skuldig bevind.

“Ek kan presies aan die hof verduideli­k wat gebeur het en waarheen die geld is. Noudat die olifant in die spreekwoor­delike vertrek aangespree­k is, wil ek byvoeg dat my fokus absoluut dienslewer­ing aan die gemeenskap is.”

Teen druktyd Woensdag het die munisipali­teit nog nie gereageer op navrae oor Vrydag se raadsverga­dering en die aanstellin­gsproses nie.

 ?? Foto: Michelle Pienaar ?? Walter Hendricks is Vrydag as nuwe waarnemend­e munisipale bestuurder aangestel.
Foto: Michelle Pienaar Walter Hendricks is Vrydag as nuwe waarnemend­e munisipale bestuurder aangestel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa