Graaff-Reinet Advertiser

Geliefde bewaarder aangrypend gegroet

- HUGO REDELINGHU­YS

GRAAFF-REINET - ‘n Omgeemens wat onder sy uitgebreid­e familie, groot vriendekri­ng en talle kollegas by korrektiew­e dienste geliefd en bemind was.

Daarvan getuig die groot opkoms van mense wat die begrafnisd­iens van wyle Donavin Isaac Jooste, of Donnie soos hy bekend was, twee weke gelede bygewoon het.

Nie net polisieled­e en kollegas by korrektiew­e dienste nie, maar ook korrektiew­e beamptes van verskeie ander dorpe het kom afskeid neem. Donnie (50) is op Saterdag 14 Augustus tragies in ‘n motorongel­uk oorlede. Dit het die gemeenskap van Kroonvale diep geruk.

Donnie was van 1999 tot 2021, altesame 22 jaar en ses maande, ‘n bewaarder in Graaff-Reinet. Hy is hier in 1970 gebore, een van sewe kinders.

Daar was ses broers en ‘n suster. Hy het sy hoërskooll­oopbaan by Spandau Sekondêr voltooi.

Sy ouer broer, Harry, het aan Graaff-Reinet Advertiser gesê die familie sukkel om oor sy dood te kom. “Natuurlik was dit vir ons ‘n groot skok, want niemand het verwag dat Donnie só sou sterf nie. Maar dis die verloop van die lewe en ons moet berusting vind in die feit dat ‘n Hoër Hand daaroor besluit het.

“Ons moeder, Maria, en sy ses kinders uit twee vorige huwelike kry swaar, maar die familie ondersteun hulle.”

Donnie laat, benewens sy familie en kinders, ook sy lewensmaat, Veronica Adams agter.

Maar dis die verloop van die lewe en ons moet

berusting vind.

 ??  ?? Van Donnie se kollegas by korrektiew­e dienste by sy begrafnisd­iens. INLAS: Donnie Jooste, ‘n bewaarder van korrektiew­e dienste in Graaff-Reinet, is tragies in ‘n motorongel­uk oorlede.
Van Donnie se kollegas by korrektiew­e dienste by sy begrafnisd­iens. INLAS: Donnie Jooste, ‘n bewaarder van korrektiew­e dienste in Graaff-Reinet, is tragies in ‘n motorongel­uk oorlede.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa