Graaff-Reinet Advertiser

Jeugprojek­te gestop ná vandalisme

- HUGO REDELINGHU­YS

KROONVALE - Vandale het die Meyer Consulting Resource Centre van alles gestroop en basies net die dop van dié gebou, wat vir gemeenskap­sopheffing­swerk gebruik word, oorgelos.

Die skobbejakk­e het alles gesteel of geplunder waarop hulle hul hande kon lê. Skakelaars, ligte, deure, vensters, vloerbedek­kings en waterpype is uitgeruk of gebreek. Met dié verfoeilik­e en vernielsug­tige optrede is die opheffings­werk, wat op werklose jongmense gemik is, vir eers gekelder.

Nou het alles plotseling tot stilstand gekom.

Aljone Meyer en haar twee steunpilar­e, Letoya Kok en Roxanne George, se hande is afgekap om nou met hul jeugprojek­te voort te gaan.

Meyer het aan Graaff-Reinet Advertiser gesê hulle sal die gebou, wat as die Child Welfare-gebou in Kroonvale bekendstaa­n, nou op eie onkoste moet herstel. “Bendelede en tikkoppe het alles wat bruikbaar is gesteel en die res eenvoudig probeer breek. Ons sal alles nou van vooraf moet opbou en self daarvoor betaal. Dis geld wat ek eenvoudig nie het nie.”

Maar, die ergste, sê Meyer, is dat die opleidings­projekte vir die jeug nie kan voortgaan nie. “Hier is baie werklose jongmense met kundigheid om vorentoe met ons hulp ‘n loopbaan te begin. Dis by die einste sentrum waar ons hulle help om die gepaste kwalifikas­ies te verwerf wat hul kundigheid sal aanvul. Ons wil hulle hier bemagtig om as waardige lede by die samelewing geïnkorpor­eer te word. Maar dis nie iets waaraan die afbrekers gedink het nie. Hulle het ‘n klomp jongmense se drome verwoes in stede daarvan om te help bou aan ‘n beter toekoms vir almal.”

Meyer sê Montego het ingespring en vir ‘n paar dae wagte verskaf om die gebou te help oppas en verdere skade te probeer voorkom. “Ons het ook kinders uit die gemeenskap gevra om te help met die wagstanery en vir hulle kos en sakgeld gegee vir hul hulp.”

Montego het ook besluit om ‘n projek aan te pak soortgelyk as dié een wat hulle by Laerskool GraaffRein­et van stapel gestuur het. Vir elke leë 2-liter plastiekbo­ttel wat inwoners bymekaarma­ak en kom aflewer sal Montego R1 skenk. Só hoop hulle om

R10 000 in kontant te skenk wat vir boumateria­al aangewend kan word om die sentrum weer werkbaar te maak.

Meyer sê die idee is om die gemeenskap aan te moedig om saam te werk om iets te doen om die sentrum te help en nie net geld te gee nie. Montego het voorheen met groot sukses soortgelyk­e projekte bestuur en tot op datum het hulle al 14 400 bottels uit die gemeenskap verwyder vir herwinning.

Mense wat wil help kan die 2-liter plastiekbo­ttels by Aljone Meyer by Oosstraat 73 in Kroonvale kom aflewer. Enige hulp is welkom en mense kan Aljone ook bel by 066 595 4849.

 ??  ?? Die drie vroue wat jeugprojek­te by die Child Welfare-gebou in Kroonvale vir werklose jongmense aangebied het, moes hul werksaamhe­de staak nadat vandale die plek geplunder en verniel het. Van links: Letoya Kok, Aljone Meyer (bestuurder) en Roxanne George.
Die drie vroue wat jeugprojek­te by die Child Welfare-gebou in Kroonvale vir werklose jongmense aangebied het, moes hul werksaamhe­de staak nadat vandale die plek geplunder en verniel het. Van links: Letoya Kok, Aljone Meyer (bestuurder) en Roxanne George.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa