Graaff-Reinet Advertiser

Skrywer raap pryse op

- MARLENE MALAN

PRINS ALBERT - ’n Hulponderw­yser wat in haar vrye tyd skryf, skilder en huise en honde oppas, is pas aangewys as die eersteen derdeprysw­enner in die Bloemfonte­inse Skrywersve­reniging (BSV) se jaarlikse nasionale skryfkompe­tisie.

Hanli Burger (45) het in die kortverhaa­lafdeling vir ongepublis­eerde skrywers dié pryse gewen vir haar kortverhal­e Onder die vloerplank­e en Sonder water.

Dis die eerste keer dat Burger aan ’n landwye kompetisie deelneem nadat sy voorheen jaar ná jaar pryse gewen het met haar prosa en poësie in die skryfkompe­tisie van die Prins Albert-leesfees. Haar pandemiege­dig, Papillonid­ae, is onlangs opgeneem in die digbundel, Maskers en mure, wat in Junie saam met die werk van 141 ander digters van reg oor die land deur Turksvy Publikasie­s gepublisee­r is.

Waar jy haar ’n oomblik sien asem skep, sien jy haar met ’n skryfboek en potlood in die hand, want “skryfwerk is ’n manier om negatiewe emosies en energie baie doeltreffe­nd in iets positiefs te omskep. Dis amper ’n soort lewensdraa­d wat jou geaard hou, dat jy nooit kop verloor nie, veral in hierdie inperkings­tyd.”

Sy sê haar inspirasie kom uit alles wat sy om haar hoor en sien. Sy is ‘n fyn waarnemer by uitstek en altyd bewus van mense se vertelling­s en wat en hoe hulle dinge doen.

“Enigiets … alles … veral my interaksie met my medemens, soms ook hul reaksie op ’n situasie, inspireer my. Dis soos om die hele tyd aan die rand van ’n sepieverha­al te staan en net soms deel daarvan te wees. Ek dink altyd: Sielkundig­es het seker baie pret om na almal se stories te luister.”

Haar geliefde skrywers is Dalene Matthee,

Etienne van Heerden (in die besonder sy roman Toorberg) en Elsabé Steenberg. “Die Afrikaanse letterkund­e is vir my belangrik, want taal maak van jou ’n mens. Maar dis hoe goed jy met jou taal kan omgaan, wat van jou ’n opgevoede mens maak. Die woord ‘moedertaal’ sê alles.”

Sy lees graag, sê sy, “want soms is dit soos om ’n geurige bredie te verslind wanneer jy honger is … jy kan net nie ophou nie. En wie sê nee vir nog ’n stukkie koek? Nou ja, dit mag maar bruinbrood sonder botter ook wees.”

Behalwe haar groot liefde vir honde, vir wie sy ma speel as hul eienaars ’n ruk lank weggaan, gee Burger kunsklasse by die privaat skool, Prins Albert Akademie.

Haar volgende doelwitte is ’n kortverhaa­lbundel, ’n digbundel wat in wording is, verskeie selfgeïllu­streerde kinderverh­ale en volgens haar is haar eerste jeugroman reeds voltooi.

 ?? Foto: Marlene Malan ?? Die skrywer, Hanli Burger, wat pas eerste en derde prys in ‘n nasionale skryfkompe­tisie gewen het.
Foto: Marlene Malan Die skrywer, Hanli Burger, wat pas eerste en derde prys in ‘n nasionale skryfkompe­tisie gewen het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa