Graaff-Reinet Advertiser

Tweede kafee in minder as ‘n maand beroof

- LIEZL VAN NIEKERK Ashleigh Taljaard

OUDTSHOORN - ‘n Tweede kafee is in minder as ‘n maand beroof.

Op 25 Augustus het drie gewapende mans Indraf Kafee in St. Saviourstr­aat beroof. Verlede Dinsdagaan­d om 19:10 is PP Kafee in Reserwestr­aat beroof.

Volgens ‘n vrou wat daardie aand in die winkel gewerk het, het sy en ‘n man Maandag ‘n woordewiss­eling in die winkel gehad omdat hy nie vir haar geld vir ‘n koeldrank wou gee nie.

“Hy het vir koeldrank gevra en ek het vir hom gesê as hy geld het kan hy die koeldrank koop, maar hy het nie geld gehad nie.

Dinsdagaan­d het dieselfde man teruggekom en weer vir ‘n koeldrank gevra en ek het weer vir hom gesê hy moet dit koop hy kan dit nie kry nie. Hy het oor die toonbank gespring en op my skouer getrap en my geskop. Hy het my beursie en twee selfone gesteel. Daar was R500 in my beursie en al my bankkaarte en my inentingsk­aart. Daar was nog ‘n man buite die winkel en hulle het saam weggehardl­oop. Ek kon nie ‘n gesig sien nie, want hy het ‘n masker opgehad, maar ek weet presies wat hulle aangehad het.”

Volgens die vrou is sy steeds erg getraumati­seer.

“Mens dink nooit so iets kan met jou gebeur nie. Ek kry die gebeure nie uit my kop uit nie en ek slaap sleg in die aand.”

Volgens kapt. Louis Visser, woordvoerd­er van die Oudtshoorn-polisie, is niemand nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Hy het bygevoeg dat die drie mans wat vir die roof by Indraf Kafee in hegtenis geneem is op 10 September vir ‘n borgtogaan­soek in die hof verskyn.

 ?? Foto: Liezl van Niekerk ??
Foto: Liezl van Niekerk

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa