Graaff-Reinet Advertiser

Inskrywing­s nou oop vir KKNK se sesde Teksmark

-

Alle skrywers, hetsy gevestigde of opkomende skrywers, het nou ’n geleenthei­d om hul teksidees vir die sesde Teksmark in te dien.

Teksmark, ’n projek van die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK), ondersteun deur die Nasionale Afrikaanse Teaterinis­iatief (NATi) en die Baxter-teatersent­rum, word weer van 16 tot

19 November 2021 in Kaapstad aangebied.

Tien tekste vanuit hierdie projek, wat in 2018 met ’n spesiale Fleur du Cap-prys vir innovasie in teater bekroon is, is reeds tot volwaardig­e produksies ontwikkel.

Verder het skrywers en tekste wat tydens Teksmark die lig gesien het, ook vele pryse en nominasies ingepalm. Een van die tekste is onlangs gepublisee­r. Teksmark stel ten doel om nuwe Suid-Afrikaanse verhoogtek­ste te ontwikkel en aan skrywers ’n geleenthei­d te bied om hul idees en tekste vir moontlike verdere ontwikkeli­ng aan belangstel­lendes in die teaterbedr­yf bekend te stel. Alle skrywers, gevestig en opkomend, word genooi om deel te neem. ’n Aantal tekste uit die voorstelle word deur ’n onafhankli­ke paneel gekies, waarna dit as leesteater by Teksmark voorgelê word. Skrywers het hier die geleenthei­d om met verteenwoo­rdigers van teaters, feeste, vervaardig­ers en ander moontlike beleggers oor hul idees te gesels. Kort uittreksel­s van elke teks word as leesteater met profession­ele regisseurs en akteurs aangebied. Die mark is oop vir enige belanghebb­endes om met skrywers te onderhande­l oor moontlike belegging in en/of verdere ontwikkeli­ng van hul tekste. Slegs Suid-Afrikaanse burgers kan voorstelle vir Teksmark indien. Hoewel teksidees in alle genres oorweeg word, word komedie en satiriese tekste aangemoedi­g. Voorstelle in alle amptelike Suid-Afrikaanse tale word oorweeg, terwyl veeltalige produksies aangemoedi­g word. Slegs tekste wat nog nooit voorheen profession­eel opgevoer is nie, word oorweeg.

’n Volledige lys van riglyne vir voorstelle is op die KKNK se webblad by www.kknk. co.za/teksmark beskikbaar, waar voorstelle ook ingedien kan word. Die sluitingsd­atum vir voorstelle is Maandag 27 September en geen laat voorstelle sal oorweeg word nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa