Graaff-Reinet Advertiser

Die storie ‘Tussen twee vure’

- MARLENE MALAN

OUDTSHOORN - Ná meer as ‘n dekade se skryf en herskryf, en dikwels die vertwyfeli­ng of sy skryfwerk op die regte spoor is, het adv. Pieter van Wyk se debuutroma­n, Tussen twee vure, hierdie week verskyn. Alhoewel die boek deur die oë van fiktiewe karakters geskryf is, sê Van Wyk dit is die verhaal van 27 jaar van sy lewe “toe ek gewonder het wie ek is en waarheen ek op pad is”.

In Tussen twee vure vertel hy van sy wedervarin­ge as polisieman Laingsburg in die jare tagtigs en later in die kookpot van Soweto en tydens die oorgang na ’n nuwe demokratie­se bestel - terselfder­tyd ook van sy ervaring as jong bruin man in sy soeke na sy identiteit.

“My boek is uit die oogpunt van ’n bruin mens geskryf. Mense moet die gordyn so ’n bietjie oopskuif en sien wat die perspektie­f van daardie bruin mens was. Dis nie ’n politieke boek nie en ek vertel my verhaal ook nie met ’n jammergat-benadering nie. Ek wil graag hê lesers, veral ook bruin lesers, moet begryp hoe ons moes oorleef deur aanvalle op ons as mens - ook om verstoot te word net omdat jy is wie jy is. Miskien is hierdie verhaal ook vir wit lesers ’n oogoopmake­r, dat hulle in mense soos ek se kop kan kom. Heel moontlik sal Tussen twee vure ons wantroue teenoor mekaar, ons vrees vir mekaar, selfs ons wanbegrip vir mekaar, op die tafel sit en ons help om te besef dat ons mekaar al dié eeue net misverstaa­n het.”

Die hoofkarakt­er se polisieloo­pbaan begin as studenteko­nstabel en sy eerste pos is in Laingsburg twee jaar na die tragiese vloed van 1981. Die dorp het steeds gesteier en moes vanaf bykans totale vernietigi­ng weer herbou word. Hier moes die jong bruin konstabel sy identiteit ontdek. “Wie is ek? Waar hoort ek? Wie is reg, wie is verkeerd?” is daaglikse vrae as die jong polisieman gekonfront­eer word met vernederin­g uit die wit gemeenskap aan die een kant en verstoting deur die bruin gemeenskap omdat hy ‘n polisieman was.

Die verhaal volg die karakter en sy kollegas deur die onluste in Soweto en die jare negentig se oorgang na die nuwe SuidAfrika.

Van Wyk het in 2007 met die rang van kaptein uitgetree en hom daarna in die regte bekwaam en het sedertdien ‘n regsprakty­k in Oudtshoorn.

Tussen twee vure is uitgegee deur Turksvy Publikasie­s, met die ondersteun­ing van die ATKV Prins Albert. Die eerste bekendstel­ling is op Saterdag 25 September op Prins Albert.

 ??  ?? Adv. Pieter van Wyk met sy nuwe roman.
Adv. Pieter van Wyk met sy nuwe roman.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa