Graaff-Reinet Advertiser

Ou motors ry wyd

-

Erfenisdag en Toerismema­and is net twee van vele uitstekend­e redes waarom lede van die Suid-Kaap-oumotorklu­b (SKOMK), ondersteun deur Recollecti­on Rides, van 23 tot 26 September die pad aandurf.

Die groep van 46 deelnemers en 26 uitsonderl­ike motors, vertrek vanaf Halfway Toyota in George om 08:00 op Donderdag 23 September.

Die eerste stop is in Heidelberg, voordat daar Swellendam toe gemik word. Daar word dan tot by Waenhuiskr­ans gery waar daar oornag word.

Erfenisdag word op 24 September gevier met ‘n roete wat Baardskeer­dersbos, Gansbaai, Caledon, Franschhoe­k en

Villiersdo­rp insluit en op Worcester oornag. Op 25 September vertrek die Erfenistoe­r vanuit Worcester en ry verby Montagu, Barrydale en Calitzdorp voordat die dag in Oudtshoorn voltrek word met ‘n uithangaan­d en prysuitdel­ing.

Die toergesels­kap keer Sondag terug George toe via De Rust en Uniondale.

“Daar word nie van bestuurder­s verwag om ‘n konvooi te handhaaf nie, sodat hulle na hartelus ompaaie kan verken,” sê Pierre Olivier, organiseer­der van die toer. Volgens hom is daar ook ‘n rugsteunvo­ertuig wat sal toesien dat niemand êrens langs die pad agtergelaa­t word nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa