Graaff-Reinet Advertiser

Dominee verryk onnies

-

LADISMITH - Die personeel van Laerskool Towerkop het almal ‘n geestelike verrykings­sessie in die plaaslike VGK bygewoon om die emosionele effek van die Covid-19-pandemie en al sy uitdagings te verwerk.

Jannie Swart, skoolhoof, het gesê: “Die afgelope tyd het ons personeel verskeie krisisse en selfs die dood van geliefdes meegemaak. Ons opvoeders gaan deur `n emosionele stryd. Daarom is hierdie sessie gereël.” Die geestelike sessie is deur ds. Jimmy Frans gelei.

“Onderwyser­s moet nooit die invloed wat hulle op kinders se lewens het onderskat nie. Dit was ‘n onderwyser wat omgegee het, wat die keerpunt was dat ek vandag ‘n predikant is. Moses het voor ‘n brandende bos te staan gekom. Ek weet nie wat die brandende bos in u lewe is nie.

“U weet nie met watter brandende bos ‘n kind worstel nie, maar net soos Moses moet u bereid wees om dit te ondersoek,” het hy met sy voorlesing uit Eksodus gesê.

Opvoeders was dit eens dat hierdie geestelike sessie nie net verrykend en inspireren­d was nie, maar ook noodsaakli­k om hulle toe te rus vir die omstandigh­ede waarin hulle hul opvoedings­taak moet voortsit.

 ?? Foto: Deon Meyer ?? Dominee Jimmy Frans
Foto: Deon Meyer Dominee Jimmy Frans

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa