Graaff-Reinet Advertiser

Astro is Hugo se oë

- TERESA OPPERMAN

CRADOCK - Hugo Barendse, ‘n 20-jarige gesiggestr­emde jongman van Cradock, het Sondagmidd­ag teruggekee­r van Johannesbu­rg af waar hy vir twee weke saam met sy nuwe gidshond, Astro, opgelei is.

Sy ouma, Gerda Barendse, sê Hugo is sedert sy babadae gesiggestr­emd. “Maar dit is vir ons so lekker om hom weer op Cradock te hê ná al die jare wat hy in Worcester op skool was.”

Hugo het ‘n nie-identiese tweelingbr­oer, Tiaan, en hulle is die seuns van Leatitia en Barend Hugo in Cradock.

Astro is ‘n swart Labrador-teef en sy het baie goed gevaar in haar opleiding. Sy is baie lief daarvoor om rond te ry en sy sit graag op die voorste sitplek van die voertuig.

“Soos alle gidshonde is sy ook toegerus met haar eie identiteit­sdokument en het sy as passasier saam met Hugo teruggevli­eg tot in Gqeberha voordat die opleier hul na Cradock teruggebri­ng het,” vertel Gerda.

Streng reëls

Vir diegene wat vir Hugo en Astro in Cradock raakloop, is daar ‘n paar reëls wat geld. Astro mag nie gevryf word terwyl sy werk nie en selfs geselskap kan haar aandag aftrek. Net Hugo mag haar bederf met ‘n lekkerny en sy mag slegs aandag aan hom gee. Terwyl sy by Hugo is, is sy by die werk.

 ??  ?? Hugo Barendse, ‘n 20-jarige gesiggestr­emde jongman van Cradock, by sy gidshond, Astro.
Hugo Barendse, ‘n 20-jarige gesiggestr­emde jongman van Cradock, by sy gidshond, Astro.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa