Graaff-Reinet Advertiser

Veldbrande vernietig weiding

- TERESA OPPERMAN

Onbeheerde veldbrande in die Hofmeyr-, Tarkastad-, Steynsburg- en Molteno-distrikte het die afgelope tyd verskeie hektaar weiding vernietig.

“Hierdie is nie-beheerde brande wat ontstaan omdat die gras baie droog en brandbaar is.

“Weerlig was nie algemeen in die laaste twee maande nie, maar brande ontstaan ook as gevolg van onverantwo­ordelike gedrag,” is die mening van Willem Herselman, wat tussen Hofmeyr- en Steynsburg boer.

Die afgelope Sondag het ‘n deurreisen­de toeris op die R56, net anderkant Steynsburg, ‘n veldbrand op WhatsApp aangemeld. Gelukkig kon daar vinnig opgetree word, veral omdat die wind baie vinnig die brand laat versprei het.

“Daar is ook die afgelope Sondag nuwe swerms sprinkane op Witvlei, aangrensen­d aan die R391, aangemeld, na die donderbui die afgelope Woensdagaa­nd,” sê Shaun Vermaak, ‘n boer in die Hofmeyr-distrik.

Voor daar nie goeie deurdringe­nde reën in dié distrikte uitsak nie, kan erge skade aan weiding deur onbeheerde veldbrande en sprinkane aangerig word.

 ?? Foto: WhatsApp-sekuriteit­sgroep ?? Die veldbrand wat verlede Sondag in die koppe buite Steynsburg ontstaan het, kon vinnig onder beheer gebring word deurdat omliggende boere vinnig opgetree het.
Foto: WhatsApp-sekuriteit­sgroep Die veldbrand wat verlede Sondag in die koppe buite Steynsburg ontstaan het, kon vinnig onder beheer gebring word deurdat omliggende boere vinnig opgetree het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa