Graaff-Reinet Advertiser

Musiekikoo­n sterf op 74

- GARNETT WICOMB Wyndham Ewerts

"Die geweldige invloed wat Aubrey van Wyngaardt se ouers, wyle Sam en Evelyn van Wyngaardt, asook sy oorlede suster Cynthia, op sy lewe uitgeoefen het was die verskil tussen reg en verkeerd, mooi en lelik en goed en kwaad.

“Die drie het vanmiddag Aubrey se stoflike oorskot in St. Simons kerk ingebring en neergelê aan die voete van die altaar, want hy kom van hulle en die Here se genade af. Miskien dink u hierdie huldeblyk oordryf die invloed, maar sonder dit is die gevolge te erg om aan te dink. Elke straatkind is die huldeblyk se bewys. Aubrey se jong lewe het op sy suster, Cynthia, se skoot gesit. Sy het haar sweet op sy bord geskep om sy dors te les en sy honger te stil.”

Dit was Sondag die woorde wat Albert Jozaffe, boesemvrie­nd van wyle Van Wyngaardt, voormalige dosent aan die destydse Onderwysko­llege Suid-Kaapland (OKSK), orrelis en koorleier van die St. Simons Anglikaans­e kerk vir langer as vyftig jaar, in sy huldeblyk in ‘n stampvol kerk gesê het waarvoor hy ‘n staande ovasie gekry het.

Die 74-jarige Van Wyngaardt, wat ook vir tientalle kinders, onder wie die bekende Sulayman Human, klavierles­se aangebied het, is op Maandag 5 September na ‘n kort siekbed in die Oudtshoorn-hospitaal oorlede.

Volgens Jozaffe is daar ‘n treffende uitdrukkin­g wat sê: “Jy moet die koffie drink soos die kan hom skink,” en dat die voorbeeld van Aubrey se ouers vir hom die koffie geskink het en moes hy elke druppel net so drink.

Volgens Jozaffe was Van Wyngaardt die staatmaker, die steunpilaa­r en die spil waarom die Van Wyngaardt-familie van Impalaweg, Bridgton, gedraai het. Hy was die raadgewer, toesighoue­r en beskermeng­el.

Jozaffe het afgesluit deur te sê: "Toe Aubrey Maandag sy laaste asem in die hospital uitgeblaas het, was die kan dolleeg, want Aubrey het die koffie gedrink soos die kan hom skink.”

Vader Isaac Josephs het Van Wyngaardt as ‘n musiekikoo­n beskryf en dat hy hom sal onthou as ‘n hulpvaardi­ge, toegewyde gesinsman en trotse Anglikaan.

‘n Groot groep Vollies, oudstudent­e van die Onderwysko­llege Suid-Kaapland, het ook tydens die diens hulde aan hul geliefde dosent gebring.

 ?? ??
 ?? ?? Aubrey van Wyngaardt
Aubrey van Wyngaardt

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa