Graaff-Reinet Advertiser

Goeieman(ne) vier 1ste jaar

- ALEX LOMBAARD

ABERDEEN - Aberdeen Safety and Security Services, 'n nie-winsgewend­e organisasi­e, het onlangs hul eerste verjaarsda­g gevier.

Dié organisasi­e is op die been gebring deur 'n voormalige soldaat, Dirk Goeieman, en drie vrywillige­rs om die dorp se strate te patrolleer om misdaad hok te slaan wat begin hand uit ruk het.

Die organisasi­e het intussen met rasse skrede gegroei en is vandag ‘n 24/7-voetpatrol­liediens met 10 patrolleer­ders wat nou met die plaaslike polisie saamwerk om inwoners en hul besittings veilig te hou. Soos vereis word van vrywillige voetpatrol­lies, meld patrolleer­ders aan die begin van elke skof eers by die plaaslike polisiesta­sie aan.

Omdat ABNSSS, ‘n nie-winsgewend­e organisasi­e is, was die begin maar beskeie en ‘n behoorlike uitdaging, maar dit het Goeieman glad nie afgeskrik nie.

Die eerste tweerigtin­gradios is deur ‘n plaaslike inwoner, Rian Geldenhuys, geskenk. Vandag verskaf ABNSSS self die radios aan belangstel­lende inwoners vir kommunikas­iedoeleind­es. So is inwoners deurlopend met ABNSSS in verbinding en patrolleer­ders kan met mekaar, inwoners en die beheerkame­r kommunikee­r. Die beheerkame­r is in Jacksonstr­aat en is goedgunsti­glik deur die eienaar van die perseel bewillig. Sterk flitsligte en uniforms is ook intussen deur Dowefontei­n aan ABSSS geskenk.

Volgens Goeieman is een van die grootste bates van die span dat hulle nie net die dorp ken nie, maar veral die dorp se mense. “Buitemaats­kappye ken nie die mense nie. ‘n Skelm met ‘n geel hemp aan kan nou hier kwaaddoen en soos hy wegstap, trek hy ‘n rooi baadjie aan en dan word ‘n man met ‘n geel hemp gesoek. Maar ons ken Aberdeen se mense, ons sien gesigte en ons soek die gesig, nie die klere wat die persoon dra nie.”

Die bestuur van ABNSSS voorsien dat hulle in die volgende jaar verder sal groei en uitbrei. Alhoewel die patrollies tans slegs in die dorp aktief is, wil hulle uitbrei om ook Lotusville en Thembalesi­zwe in te sluit. Daarvoor is finansiële ondersteun­ing egter nodig. Twee van die doelwitte vir die komende jaar is om ‘n meer formele opleidings­truktuur daar te stel en om PSIRA-geakkredit­eer en -geregistre­er te wees. Alhoewel PSIRA-akkreditas­ie nie ‘n voorvereis­te vir hierdie patrollied­iens is nie, is dit vir ABNSSS se groei tot ‘n formele sekerheids­maatskappy, ‘n prioriteit.

Oor die opleidings­been van die ontwikkeli­ngsplan, sê medestigte­r

Jacques Ellis: “Op die oomblik verskaf ons informele opleiding. Maar ons wil graag vir veral ons jonger lede formele opleiding bied. Formele opleiding help nie net met selfvertro­ue nie, maar maak ook loopbaande­ure oop.”

 ?? Foto: Alex Lombaard ?? Die bestuur van ABNSSS is van links, Renaldo Priem, Jacques Ellis, Ismail Lawrence en George Meintjies. INLAS is Dirk Goeieman, stigtersli­d van ABNSSS.
Foto: Alex Lombaard Die bestuur van ABNSSS is van links, Renaldo Priem, Jacques Ellis, Ismail Lawrence en George Meintjies. INLAS is Dirk Goeieman, stigtersli­d van ABNSSS.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa