Graaff-Reinet Advertiser

Mediclinic sit kleutersko­ol se dak op

- SONIA WAHL

OUDTSHOORN - Onderwyser­s en kinders van Nomondé-kleutersko­ol het verlede week behoorlik gejuig toe Mediclinic Klein Karoo in samewerkin­g met NG kerk Oudtshoorn-Wes en die plaaslike gemeenskap, 'n spik-splinternu­we dak by die skool opgerig het. Dit volg na Mediclinic Klein Karoo se personeel op Mandeladag ingespring en die speelterre­in van dié kleutersko­ol geverf en opgeknap het.

Hannes Stegmann, hospitaalb­estuurder van Mediclinic Klein Karoo het besef dat die dak en elektriese bedrading van die skool nie op standaard was nie en dat die skool nie kwalifisee­r vir finansieri­ng van die staat nie. Mediclinic het voorgeneem om die dakke te herstel en hul eie elektrisië­n te gebruik om die elektriese bedrading op standaard te bring. Die gemeenskap­sprojek wat deur Mediclinic Klein Karoo gedryf word sal help dat die skool die nodige hulp van die staat ontvang wat hulle nodig het om finansieel na die kinders om te sien.

 ?? ?? Die nuwe dak blink in die oggendson.
Die nuwe dak blink in die oggendson.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa