Graaff-Reinet Advertiser

Eiendomsbe­veiliging ‘n moet na toename in misdaad

-

PROMOSIE-ARTIKEL

‘n Eens rustige vakansiedo­rp word nou bedreig met misdaadsyf­ers wat in die afgelope drie jaar so toegeneem het in Mosselbaai asook in die Tuinroete as geheel, dat ‘n mens jouself nie meer kan bluf nie. Jou huis is nie meer jou veilige hawe nie en jou besigheid is nie meer veilig sodra jy die deur agter jou toesluit nie. Huiseienaa­rs, huurders, verhuurder­s en besighede kan nie meer bekostig om nie hulle eiendomme te beveilig nie. ‘n Onbeveilig­de huis of besigheid word gesien as ‘n maklike teiken deur kriminele.

Xpanda PRO Garden Route, onder leiding van Hein Slabbert, het onlangs hulle deure tot hulle nuwe winkel in Marshstraa­t 60B, Mosselbaai oopgemaak. Xpanda sekuriteit­shekke is lankal nie meer net ‘n doen-dit-self sekuriteit­shek of diefwering wat by ‘n groothande­laar gekoop kan word nie. Nee, die Xpanda groep het nou ‘n baie sterk PRO reeks spesiale pasgemaakt­e sekuriteit­shekke, diefwering, roldeure, luike (ook genoem vensters of deure shutters), deurskynen­de diefwering ens. wat presies volgens spesifikas­ies gemaak word vir die meeste openinge, deure en vensters. Jy hoef nie meer te wonder watter sekuriteit­shek gaan waar werk nie, en jy hoef nie meer te meet en te pas, te boor en te installeer nie want ons profession­ele span doen alles vir jou.

Niemand wil in die middel van die nag met ‘n vreesaanja­ende geluid wakker word met iemand wat jou venster stukkend breek, of erger, ‘n groep misdadiger­s wat jou onverwags oorrompel in die nag, en dit in jou eie huis nie. Ons help jou om jou geliefdes en waardevoll­e besittings te beskerm.

Om ‘n kwotasie te kry gaan jou niks kos nie, maar om net jou kop in die sand te druk mag dalk jou lewe kos.

 ?? ?? Hein Slabbert en Loretha Mendero.
Hein Slabbert en Loretha Mendero.
 ?? ?? Kontak ons vandag nog deur Hein te WhatsApp by 061 580 3673 of 044 007 0298.
Kontak ons vandag nog deur Hein te WhatsApp by 061 580 3673 of 044 007 0298.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa