Graaff-Reinet Advertiser

Goud vir Mulder by SA’s

- TERESA OPPERMAN

JANSENVILL­E - Lizandré Mulder het onlangs haar dorp, Jansenvill­e, se vlag hoog laat wapper toe sy 'n goue medalje tydens haar eerste SA atletiekby­eenkoms in die

3 000 m-hindernisi­tem losgehardl­oop het. Mulder het ook verlede maand gekwalifis­eer vir die CUCSA-spele in Malawi, ook bekend as die Afrikaspel­e vir universite­ite, waar sy 'n brons in die 800 m en goud in die 4 x 400 maflos ingepalm het.

Vandeesmaa­nd het sy ook vir die vyfde keer in die Angora MTB Classic meegeding waar sy vir die vyfde keer 'n goue medalje behaal het. Op 16 September het sy deelgeneem aan SA Cross Country in Rustenburg. Hier het sy 'n bronsmedal­je in die 4 km vir senior vroue behaal waarin die bekende atleet, Caster Semenya goud en verlede jaar se kampioen, Simoné Weitz, 'n silwer gewen het.

Mulder vertel sy het in 2016 vir die eerste keer kompeteren­d begin hardloop toe sy in haar eerste jaar by die Universite­it van die Vrystaat (Kovsies) begin studeer het.

"Oor die algemeen hou ek geensins van enige spansport nie, en daarom het ek destyds op atletiek besluit as die sportkode wat ek wil beoefen. Alhoewel die Olimpiese Spele nooit deel van my toekomsdro­me was nie, aangesien ek atletiek nooit so ernstig opgeneem het nie, sal ek heel moontlik in die toekoms daaraan begin dink soos my tye verbeter. Maar vir nou is my fokus om weer te kwalifisee­r vir volgende jaar se Wêreld Studenteka­mpioenskap­pe in China. Om daar deel te neem, moet ek ’n tyd van 10:25 hardloop in die 3 000 m, waar ek hierdie jaar 10:44 gehardloop het wat ‘n kwalifiser­ende standaard vir die jaar was. My afrigter is DB Prinsloo, met wie ek al vir amper sewe jaar oefen en my hulpafrigt­er is Sarina

Cronjé (Mostert). Beide is deel van my suksesverh­aal sonder wie my pragtyd van 10:44 nie moontlik sou wees nie," sê sy. Oor die SA byeenkoms waar sy die 3 000 mhindernis gewen het, vertel sy dat sy geloof in haarself gehad het met die wete dat sy genoeg harde werk ingesit het om sukses te behaal.

"Op die vlak waar ek tans deelneem, hou ons ons opponente se tye deur die jaar dop om te bepaal hoe ons vordering verloop, so sonder om enigsins snaaks te klink, het ek verwag om hierdie wedloop te wen, want ek het twee weke voor die byeenkoms teen dieselfde atlete deelgeneem en hulle op daardie geleenthei­d by SA atletiek gewen. Die atleet wat my voorheen gewen het by SA's, was nie ‘n student nie, en daarom het sy nie by die USSA-byeenkoms teen my deelgeneem nie. Ek het voor die resies besluit dat ek niemand op die veld die geleenthei­d gaan gee om dit ‘n taktiese wedloop te maak nie en dus besluit om met 'n bang weg te spring."

Mulder se raad aan opkomende atlete is dat mens iets moet doen waarvan jy hou.

"Atletiek is ‘n baie harde sportsoort, dit is nie iets wat jy kan afskeep nie. You can’t flirt with this sport, you’ll have to marry it.”

Mulder doen 'n meestersgr­aad in mediese regstudie by die Universite­it van die

Vrystaat.

 ?? Foto’s verskaf ?? Lizandré Mulder in aksie in die 3 000 m-hindernis.
Foto’s verskaf Lizandré Mulder in aksie in die 3 000 m-hindernis.
 ?? ?? Lizandré Mulder pronk met haar goue
medalje.
Lizandré Mulder pronk met haar goue medalje.
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa