Graaff-Reinet Advertiser

‘Dankie Lottoland’ help Hofmeyr

-

HOFMEYR - Die filmspan van Homebrew Films het onlangs 'n besoek aan Hofmeyr gebring. Groot opgewonden­heid het geheers veral toe dit bekend raak dat 'n inwoner, Sanet Coetzer, vir Hofmeyr Hugs of Hope genomineer het as 'n begunstigd­e by Dankie

Lottoland (TV-program op kykNET wat Suid-Afrikaners in nood te help). Hofmeyr Hugs of Hope is welbekend as opheffings­instansie deur werkskeppi­ng en opleiding, maatskapli­ke dienste, betrokkenh­eid by skole en sorg waar nodig.

Casper Bosman, bekende modeontwer­per van Bloemfonte­in, het as gasaanbied­er ook in Hofmeyr kom besoek aflê.

Homebrew Films doen gereeld dokumentêr­e films vir DSTV (kykNET), en dié span het ook inligting ingesamel vir toekomstig­e gebruik vir kykNET. Die filmspan het in die Victoria Boutique Hotel tuisgegaan waar daar ook onderhoude gevoer is.

Ysige koue en nattigheid het buiteverfi­lming beïnvloed.

Dié program is die afgelope week gebeeldsen­d en die speelterre­in by

DRC Primêr-skoolterre­in het 'n groot tarantula-konstruksi­e as geskenk van

Dankie Lottoland ontvang wat elke kleuter en leerder se spiertonus, en grootspier­en kleinspier­ontwikkeli­ng sal bevorder. Middellynk­ruising en driedimens­ionele ontwikkeli­ng word ook terselfder­tyd bevorder. Hierdie speelterre­in is opgerig waar honderde kinders elke jaar hul onderrig tot gr. 7 voltooi en waar daar nog nooit enige toerusting was nie. Hofmeyr beskik ook nie oor publieke parke waar kinders kan speel nie.

Hofmeyr Hugs of Hope is ook 'n opleidings­instansie en het eiendom bekom wat as kleuter- en kindersorg­huis ingerig gaan word, asook ‘n jeugontwik­kelingsent­rum en daar is talle planne op die tafel om verder te groei.

Dankie Lottoland het op groot skaal bygedra tot hierdie voorgenome ontwikkeli­ng met 'n ruim kontantins­puiting van R100 000 met spesifieke verwysing na die kragtoevoe­r en loodgieter­werk, asook die inrig en herstel van die kombuis en badkamers van Huis Barnard in Du Plessisstr­aat. Werk het reeds begin.

 ?? Foto: Teresa Opperman Dankie Lottoland ?? Die speelterre­in by DRC Primêr het ‘n groot tarantula-konstruksi­e as geskenk van ontvang.
Foto: Teresa Opperman Dankie Lottoland Die speelterre­in by DRC Primêr het ‘n groot tarantula-konstruksi­e as geskenk van ontvang.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa