Graaff-Reinet Advertiser

Gesinsgewe­ld-inligtings­essie

- DEON MEYER

KANNALAND - Tydens ’n inligtings­essie wat onlangs deur die plaaslike departemen­t van sosiale ontwikkeli­ng se hoof, Marquin Smith gereël is, het ’n groep jongmense die geleenthei­d gehad om geslagsgew­eld ook uit die oogpunt van mans te sien.

Dr. Shanaaz Hoosain, senior lektor by die Universite­it van Kaapstad, het die jongmense vir drie dae vasgenael gehou met haar aanbieding en navorsing hieroor.

Sy het verskeie sleutelbev­indinge oor wat geslagsgew­eld aktiveer, met die kursusgang­ers gedeel.

"Mans sien hulself as die persoon wat in die behoeftes van die gesin moet voorsien asook die persoon wat na die veiligheid van die gesin moet omsien, dog is daar steeds mans wat hulself skuldig maak aan vorme van geslagsgew­eld. Mans leef nog met die veronderst­elling dat hul vrou of lewensmaat ten alle koste hulle klere moet versorg, huistake moet doen en eerbied en respek aan hom moet betoon," het sy gesê. "Die gebruik of misbruik van afhanklikh­eidsmiddel­s lei dikwels daartoe dat mans vroue as dislojaal teenoor hulle beskou, veral wanneer vroue ook hul eie beroep uitleef en nie meer die tradisione­le rol van huisvrou vervul nie."

Hoosain het die oordrag van hierdie siklus van geslagsgew­eld (intergener­asies) aan kursusgang­ers beklemtoon, maar hulle ook daarop gewys dat dit nie slegs mans is wat die skuldiges is nie, en dat mans ook die slagoffers hiervan kan wees. Hoosain het verduideli­k dat mans egter meestal huiwerig is om sulke gevalle te rapporteer, omdat hulle bang is om as swakkeling­e beskou te word.

Verder is daar ook die persepsie dat om oor gesinsgewe­ld openlik te wees, dit tot ’n bespreking­spunt by die werkplek sal lei en dus verkies slagoffers om eerder te swyg en die straf te verduur.

Oortuiging­s soos dat mans alleen besluite kan neem, asook jaloesie, ’n uitgebreid­e gesin, gebrek aan kommunikas­ievaardigh­ede of probleemop­lossingsva­ardighede, is alles bydraende faktore tot geslagsgew­eld.

Hoosain bied oplossings:

’n Sterk begroting vir programme wat voorkoming van geslagsgew­eld ten doel het.

Kreatiewe skakeling in die gemeenskap om veral oor naweke opbouende aktiwiteit­e beskikbaar te stel.

Mans moet ingesluit word by beleidmaki­ng - envoorkomi­ngsprogram­me. Intervensi­eprogramme in skole, die werkplek asook plekke van aanbidding.

Meer inligting oor middelafha­nklikheid en die gevolge.

Alle rolspelers soos byvoorbeel­d polisie, justisie, maatskapli­ke dienste en gemeenskap­sleiers by programme te

betrek.

KANNALAND – ’n Raadsverga­dering van Kannalandm­unisipalit­eit met ’n lywige agenda kon nie Dinsdag plaasvind omdat Icosaen die DA-raadslede nie teenwoordi­g was nie.

Icosa-president, Jeffrey Donson, het in reaksie hierop gesê dat die Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, Anton Bredell, reeds opdrag gegee het dat die waarnemend­e munisipale bestuurder, Ian Avontuur (ANC-lid), die huidige speaker, Rodge Albertus, moet vervang. Donson sê ook dat Bredell 'n skrywe van Albertus se party, Kannaland Independen­t Party (KIP), ontvang het dat Albertus deur die party geskors is en gevolglik nie meer die posisie as speaker mag beklee nie.

Volgens Donson is hierdie vergaderin­g onwettig en kan hy nie toelaat dat Icosa aan onwettighe­de deelneem nie.

KIP het ook in hul skrywe aan Berdell aangedui dat Peter-George Rooi hul voorkeurka­ndidaat is om Albertus te vervang.

 ?? Foto: Deon Meyer ?? Dr. Shanaaz Hoosain
Foto: Deon Meyer Dr. Shanaaz Hoosain
 ?? Foto’s: Deon Meyer ?? Nicky Valentyn (ANC), burgemeest­er van Kannaland.
Foto’s: Deon Meyer Nicky Valentyn (ANC), burgemeest­er van Kannaland.
 ?? ?? Ian Avontuur (ANC) is Kannaland se waarnemend­e
munisipale bestuurder.
Ian Avontuur (ANC) is Kannaland se waarnemend­e munisipale bestuurder.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa