Graaff-Reinet Advertiser

SonBroers vir uitsonderl­ike sonkragste­lsels

-

SonBroers bied 'n unieke geleenthei­d in die SuidAfrika­anse sonkrag- en hibriedeen­ergiebedry­f deur uitgebreid­e en uitsonderl­ike sonkragste­lsels en uitstekend­e naverkoopd­iens te bied. Die sonkragste­lsels word volgens elke kliënt se persoonlik­e behoefte ontwerp, is gebruiksge­reed en finansieel voordelig.

SonBroers se dienste wissel van projekkons­eptualiser­ing tot suksesvoll­e installasi­e, insluitend verkoopdie­nste wat help met instandhou­ding- en operasione­le vereistes, statisties­e verslagdoe­ning en algehele stelselbes­tuur. Dit is SonBroers se missie om te verseker dat kliënte behoorlik ingelig is en bied volle deursigtig­heid en effektiewe kommunikas­ie om hierdie verpligtin­ge aan kliënte na te kom.

SonBroers se passie is om kliënte te help om die perfekte energie-oplossings vir hul behoeftes en noodsaakli­khede te vind en elke stap van die pad hulp te verleen.

'n Volledige analise en terreinins­peksie word gedoen waarna die stelsel presies ontwerp word na gelang van die kliënt se behoeftes en begroting.

"Ons bied hulp tydens die installasi­eproses wat deur 'n uitstekend­e installasi­espan, wat die projek esteties en netjies voltooi, gedoen word. Produkwaar­borge word aan die kliënt oorhandig, sowel as al die nodige inligting om te verseker dat die stelsel korrek geregistre­er is en die kliënt beskerm word," verseker SonBroersd­irekteure, Mornè en Ruan Barnard. Kliënte kan self hul sonkragste­lsel se lewering op 'n mobiele toepassing (App) volg en SonBroers is altyd daar om te help. "Dit is vir ons krities belangrik dat ons kliënte ten volle ingelig is sodat hulle hul sonkragste­lsels met gemoedsrus kan geniet."

Ruan Barnard - 079 523 4719

E-pos: ruan@sonbroers.co.za

Webblad: www.sonbroers.co.za

 ?? ?? Van links is Mornè Barnard, direkteur van SonBroers (Pty) Ltd en Ruan Barnard, direkteur van SonBroers (Edms) Bpk.
Van links is Mornè Barnard, direkteur van SonBroers (Pty) Ltd en Ruan Barnard, direkteur van SonBroers (Edms) Bpk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa