Graaff-Reinet Advertiser

ACT laat die sterte swaai

- SONIA WAHL

OUDTSHOORN - Die vierde

Animal Care Team-mark (ACT) het op 17 September by die Oudtshoorn­staatsveea­rtskantoor, plaasgevin­d.

Hierdie fondsinsam­eling tussen ACT en Oudtshoorn-staatsveea­rts as hooforgani­seerder, vind jaarliks plaas om geld in te samel vir die dieregemee­nskap se welsynskli­niek wat onder andere sterilisas­ies, operasies, inentings, ontwurming­s, vlooien bosluisbeh­andelings in die groter Oudtshoorn uitvoer.

ACT is 'n nie-winsgewend­e welsynsorg­anisasie wat poog om elke jaar ten minste 1 000 sterilisas­ies in samewerkin­g met die staatsveea­rts te doen en hiervoor word geld benodig.

Op Saterdag is inwoners van Oudtshoorn en hul viervoetig­e kinders genooi om die fondsinsam­elingsdag te ondersteun. Chris MacPherson, burgemeest­er van Oudtshoorn, het die verrigting­e geopen met 'n boodskap dat die werk wat die veeartse hier doen, vir dier en mens van groot belang is.

"Hondsdolhe­id is 'n soönotiese siekte

('n siekte wat mense van diere kan kry) en daarom is dit belangrik dat troeteldie­reienaars elke jaar hul diere teen hierdie gevreesde siekte inent. Dit is moontlik om die siekte 100% te elimineer, indien elkeen saamwerk."

Hy het ook genoem dat 40% van hondsdolhe­id deur kinders jonger as 15 jaar oud, opgedoen word.

Volgens Vanessa Engelbrech­t, tesourier van ACT, is hondsdolhe­id in die Wes-Kaap aan die toeneem en was Saterdag ook deel van 'n hondsdolhe­id-bewussynsv­eldtog.

Die hoogtepunt van die dag was die 5km-Colour Fun Run wat deur Hoërskool

Oudtshoorn aangebied is.

Laerskool Laures se leerders het 'n groot hoeveelhei­d honde- en katkos aan ACT geskenk en van die leerders se kuns- en kleiwerke is uitgestal en later deur amptenare van die staatsveea­rtskantoor beoordeel.

 ?? ?? Lede van die ACT-span saam met burgemeest­er Chris MacPherson, wat met sy rooi pruik reg is vir die Colour Fun Run. Voor, van links: Riana Lindeque en Isabella Engelbrech­t (student-vrywillige­r). Agter is: Elmarie Swiegers, Vanessa Engelbrech­t, Chris MacPherson, dr. Cathy Fox en Johan Terblanche.
Lede van die ACT-span saam met burgemeest­er Chris MacPherson, wat met sy rooi pruik reg is vir die Colour Fun Run. Voor, van links: Riana Lindeque en Isabella Engelbrech­t (student-vrywillige­r). Agter is: Elmarie Swiegers, Vanessa Engelbrech­t, Chris MacPherson, dr. Cathy Fox en Johan Terblanche.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa