Graaff-Reinet Advertiser

Waterkrise­s in Dysselsdor­p

-

DYSSELSDOR­P - Watertoevo­erprobleme is onlangs in Dysselsdor­p en Bokkraal, veral die hoogliggen­de areas wat deel van die Groter Oudtshoorn uitmaak, ervaar dit is as gevolg van die konstante kragonderb­rekings. Die waterpomps­telsel benodig ongeveer 22 uur per dag se elektrisit­eit om voldoende water aan die areas te voorsien.

Die Klein-Karoo Landelike Waterskema en Dysselsdor­p-areas ontvang water uit boorgate in die omgewing wat deur middel van pompe na opgaardamm­e gepomp word. Volgens Aurelia Mle, woordvoerd­er van die Oudtshoorn-munisipali­teit, mag daar slegs water gepomp word volgens die pompe se kapasiteit en wetgewende regulasies. "Die lang periodes van beurtkrag veroorsaak dat die vraag na water die aanbod heeltemal oorskry."

Mle vertel verder dat die situasie Maandag 19 September, vererger is deur die feit dat Eskom 'n fase van sy kragtoevoe­r in die genoemde areas verloor het.

"Dit het daartoe gelei dat alle pompe en elektronik­a van die pompe op die waternetwe­rk nie kon funksionee­r nie. Die tye tussen beurtkragp­eriodes is tans baie kort en gevolglik kan net 'n beperkte hoeveelhei­d water gepomp en gesuiwer word voordat dit in die stelsel gevoer word."

Die munisipali­teit gebruik tans een tot twee watertrokk­e om water aan die areas te verskaf en het besef dat dit nie voldoende is nie.

'n Versoek is aan die Tuinroete-distriksmu­nisipalite­it gestuur vir hulp met bykomende drie tot vier watertrokk­e om met die situasie in die area te help, terwyl vlak vier en hoër beurtkrag in die land van toepassing is.

Chris Macpherson, burgemeest­er van Oudtshoorn, doen 'n beroep op inwoners om asseblief water spaarsamig te gebruik en lekkasies onmiddelli­k aan te meld.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa