Graaff-Reinet Advertiser

Mense reis wyd vir Vetplantfe­es

- Sonia Wahl

CALITZDORP - "Die fees groei elke jaar. Ons uitstaller­s kom van sover soos Port Elizabeth om by dié vetplantfe­es te kom uitstal," vertel Buck Hemenway, organiseer­der van die Calitzdorp­vetplantfe­es.

Die jaar was uitstaller­s se stalletjie­s deel van die Calitzdorp-treinstasi­e se karakter en vetplant- en kosstallet­jies was al langs en om die treinspore en gebou opgerig. Feesganger­s, elk met 'n boks vol vetplantji­es, het heel opgewonde geraak wanneer hulle daardie een plantjie vind waarna daar al so lank uitgesien word.

Gaste is vermaak deur vetplantke­nners wat praatjies gelewer het, 'n vetplantst­aproete en werksessie­s.

Calitzdorp-vetplantfe­es sal volgende jaar weer vanaf 15 tot 17 September aangebied word. Besoek ook www.vetplant.co.za vir meer inligting.

 ?? ?? Calitzdorp-treinstasi­e was feestelik getooi.
Buck Hemenway, organiseer­der van die Vetplantfe­es in Calitzdorp.
Calitzdorp-treinstasi­e was feestelik getooi. Buck Hemenway, organiseer­der van die Vetplantfe­es in Calitzdorp.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa