Graaff-Reinet Advertiser

Coetzer wen sy eerste parkrun

- GARNETT WICOMB

Johann Coetzer het Saterdag die 304de Oudtshoorn-parkrun by die Survalolyf­landgoed met ‘n goeie tyd van 23 minute 14 sekondes gewen – sy eerste oorwinning na 249 parkruns. Chrishane Fortuin was tweede met sy tyd van 25 minute met Graeme Plaatjies derde, ‘n enkele sekonde agter Fortuin.

‘n Besoeker, Eileen Griffiths van die Northwich Running Club in die Verenigde Koninkryk, wat saam met haar man, Chris, deelgeneem het, was algeheel sewende en die eerste vrou oor die wenstreep. Die egpaar het onderskeid­elik al 332 en 331 parkruns agter die rug.

Die vinnigste van die 30 deelnemers:

Pieter Fourie (25:47)

Steven Dai (28:19)

Albertus Kennedy (28:33)

Chris Griffiths (30:22)

Eileen Griffiths (32:14)

Henry Pinkham (33:06)

Louise Botha (33:16)

 ?? Foto verskaf ?? Geo Briuntjies.
Foto verskaf Geo Briuntjies.
 ?? Foto: Garnett Wicomb ?? Johann Coetzer op pad na die wenstreep.
Foto: Garnett Wicomb Johann Coetzer op pad na die wenstreep.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa