Graaff-Reinet Advertiser

Dalene se kuns in Santam se 2023-kalender

- ALEX LOMBARD

ABERDEEN - "Min het ons geweet van hierdie talent wat Dalene het. Niemand van ons is kunstig nie," gesels Joan en Hennie Barnard, ouers van Dalene Barnard, oor haar skitter-prestasie in die jaarlikse Santamkind­erkunsproj­ek.

Dalene se skildery, 'n pastel getiteld 'Skoon water vir almal' is saam met 12 ander uit duisende inskrywing­s vanoor Suid-Afrika en Namibië gekies om in Santam se 2023 kalender te verskyn.

Die Santam-kinderkuns­projek is 'n gevestigde en gesogte nasionale platform vir kinders om hulle gedagtes en idees op kreatiewe wyse uit te beeld en word jaarliks oorval met inskrywing­s. Dalene sê as dit nie vir haar kunsonderw­yseres, Anri du Plessis, was nie, sou sy nie ingeskryf het nie.

"Ek dink juffrou Du Plessis is Dalene se grootste motivering. Sy is 'n wonderlike kunsonderw­yser," bevestig Joan.

Dalene, ’n gr. 10-leerling aan die C&N Primêre Meisieskoo­l Oranje in Bloemfonte­in het aan die begin van 2022 by díe skool aangesluit juis omdat sy graag kuns as vak wou neem. Al is sy in Bloemfonte­in op skool, is Dalene se hart in die Karoo by haar mense - van haar getroue ondersteun­ende ouers tot by al die kinders op die plaas.

Skoon water vir almal beeld 'n verheugde seun by 'n kraan met lopende water uit. Die model vir die kunswerk is Condré Plaatjies, 'n tienjarige seun van die plaas Skietfonte­in in die Aberdeen-omgewing. Condré is in vervoering oor dié skildery van hom en raak nie uitgepraat daaroor nie.

"Ek het 'n knop in my keel gekry toe ek sien hoe opgewonde hy raak. Dit was werklik 'n oomblik wat ek nooit sal vergeet nie," sê Dalene oor die dag toe sy vir Plaatjies die skildery wys.

Opvallend van Dalene se kuns is die vermoë om lewe, en veral emosie, vas te vang in beeld. Die Barnards sê hulle is dankbaar dat Dalene, hierdie talent wat sy van Jesus ontvang het kan uitleef. Al gee haar ouers al die eer aan God, Dalene, Anri du Plessis en die model, Plaatjies, is dit duidelik dat juis die koesterend­e gesinsband tussen Dalene en haar ouers die aansporing is tot Dalene se sonderling­e kreatiwite­it.

Die hele Aberdeen eggo saam met haar ouers in hul boodskap aan Dalene, "Koester hierdie kunsdroom en leef dit uit. Mag jy nog groot hoogtes bereik en geniet elke kunswerk. Ons is baie trots op jou."

 ?? Foto’s verskaf. ?? Die
befaamde met Condré ‘Skoon
water vir Plaatjies as almal’
model.
Foto’s verskaf. Die befaamde met Condré ‘Skoon water vir Plaatjies as almal’ model.
 ?? ?? Dalene Barnard tussen haar ouers Hennie en Joan.
Dalene Barnard tussen haar ouers Hennie en Joan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa