Graaff-Reinet Advertiser

Oudtshoorn­taxistaanp­lek word vasgevat

-

Die SAPD se onlangse Operasie Fiesta het gelei tot 'n totaal van 144 taxi's wat vir verskeie oortreding­s en defekte by die Oudtshoorn-taxisstaan­plek geïnspekte­er is.

Dié operasie is uitgevoer deur lede van die Wes-Kaapse provinsial­e speurdiens se kommersiël­e ondersoeke­enheid, Tuinroete-misdaadint­elligensie, Oudtshoorn-misdaadvoo­rkomingsee­nheid, openbare-orde-polisiërin­g (Pops) en die departemen­t van vervoer en die provinsial­e verkeersde­partement.

Met die uitvoering van die operasie wat op 20 September begin het, is sowat 64 taxi's op die eerste dag vir bedrieglik­e, duplikaat- en onwettige bedryfsper­mitte geïnspekte­er en 'n totaal van 80 taxi's, die volgende dag.

Benewens die inspeksies wat uitgevoer is, het owerhede beslag gelê op sewe taxi's waarvan drie onpadwaard­ig. Vier taxi's van die Oos-Kaap is as padwaardig gevind, maar het nie geldige bedryfsper­mitte vir Oudtshoorn gehad het nie. Hierdie taxi's is daarna geskut en by die SAPD se voertuigst­oorfasilit­eit gestoor.

Ses verdagtes, wat gearrestee­r is in verband met die beslaglegg­ings op die taxi's staan tereg op aanklagte van bedrog en korrupsie.

Lede het ook 'n ongedokume­nteerde persoon (33) gearrestee­r omdat hy 'n taxi bestuur het sonder 'n geldige lisensie en bedryfsper­mit en wat onwettig in die land was. Benewens die beslaglegg­ings het verkeersbe­amptes boetes ter waarde van R71 800 uitgereik vir 'n verskeiden­heid verkeersoo­rtredings en defekte aan voertuie.

Drie uit die totaal van sewe verdagtes het op Donderdag 22 September in die Oudtshoorn-hof verskyn, terwyl die sake teen die res tydelik teruggetre­k is hangende verdere ondersoek.

Die provinsial­e kommissari­s van die Wes-Kaap, lt.genl. Thembisile Patekile, het die geïntegree­rde spanwerk van die betrokkene­s geloof en hulle aangemoedi­g om die res van die ondersoek voort te sit met dieselfde ywer wat hulle tot dusver getoon het.

 ?? Foto: Wyndham Ewerts ?? Die SAPD se onlangse Operasie Fiesta het gelei tot ‘n totaal van 144 taxi’s wat vir verskeie oortreding­s en defekte by die Oudtshoorn-taxisstaan­plek geïnspekte­er is.
Foto: Wyndham Ewerts Die SAPD se onlangse Operasie Fiesta het gelei tot ‘n totaal van 144 taxi’s wat vir verskeie oortreding­s en defekte by die Oudtshoorn-taxisstaan­plek geïnspekte­er is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa