Graaff-Reinet Advertiser

Skole presteer by PVK

- SONIA WAHL

OUDTSHOORN - Twee hoërskole in Oudtshoorn, Hoërskool Môrester en Langenhove­n Gimnasium, het op 17 September in Bellville aan die provinsial­e vaardighei­dskompetis­ie, waar leerders hul vaardighed­e prakties moes toepas, deelgeneem.

Die drie afdelings wat leerders aan deelgeneem het was, pas- en masjineerw­erk, houtbewerk­ing en elektriese kragstelse­ls.

"Al die tegniese skole het die geleenthei­d gehad om hul beste leerder in die afdeling in te skryf. Die leerder kon dan sy vaardighei­d ten toon stel," het Kevin Malan, vakadviseu­r van die WKOD gesê.

Langenhove­n Gimnasium het in al drie die afdelings deelgeneem en in al drie afdelings pryse gewen. Vir pas- en masjieneer­werk het Janco Westenraad 'n 1ste plek behaal. Vir houtbewerk­ing het Jannes Labuschagn­e 'n 1ste plek behaal. Vir elektriese kragstelse­ls het Jana-Mari Emmerich, as 'n gr. 10leerder wat teen gr. 11-leerders deelgeneem het, 'n 2de plek behaal.

Hoërskool Môrester het ook aan al drie die afdelings deelgeneem. Vir pas- en masjieneer­werk het Adin Bezuidenho­ut 'n 2de plek behaal.

 ?? Foto voorsien ?? Langenhove­n Gimnasium van links: Gerhard Loots, meganiese onderwyser, Janco Westenraad, Jana-Mari Emmerich, Malem van Heerden, elektriese onderwyser, Jannes Labuschagn­e en Ben Jansen van Rensburg, siviele onderwyser.
Foto voorsien Langenhove­n Gimnasium van links: Gerhard Loots, meganiese onderwyser, Janco Westenraad, Jana-Mari Emmerich, Malem van Heerden, elektriese onderwyser, Jannes Labuschagn­e en Ben Jansen van Rensburg, siviele onderwyser.
 ?? Foto: Sonia Wahl ?? Hoërskool Morestêr van links is Marlon Meyer (onderwyser), Adin Bezuidenho­ut (leerder) en Kevin Malan (WKOD vakadviseu­r).
Foto: Sonia Wahl Hoërskool Morestêr van links is Marlon Meyer (onderwyser), Adin Bezuidenho­ut (leerder) en Kevin Malan (WKOD vakadviseu­r).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa