Poetry Slam sê hulle sê
OUDTSHOORN - Die tweede Poetry Slam het op 24 September by Aurial Kollege plaasgevind en leerders van Aurial Kollege, Langenhoven Gimnasium, Hoërskool Môrester, Hoërskool Oudtshoorn en Hoërskool Protea het hieraan deelgeneem.
Die doel van die Poetry Slam is om leerders aan te moedig om hul emosies, lewenservaringe, pyn, blydskap, hoogtepunte, liefdes en geloofsoortuiging op papier, in die vorm van 'n gedig, vas te lê. Die gedigte is in Engels en Afrikaans voorgedra.
Leerders het in twee afdelings, algemene onderwys en opleiding (GET) vir gr. 7 tot 9 en verdere onderwys en opleiding (FET) vir gr. 10 tot 12 deelgeneem. Elke leerder is op die inhoud, tegniek en optrede van sy gedig beoordeel.
Die twee algehele wenners in die twee afdelings is, Herschelle de Jongh van Aurial Kollege wat sy gedig in die vorm van rap voorgedra het en Chrislee Matthee van Langenhoven Gimnasium wat haar gedig met drama en emosie oorgedra het.
"Hierdie is jou platform om die dinge wat jou al lankal pla in skrif voor te dra. Gedigte is healing," het Karen Alexander, skoolhoof by Aurial Kollege aan die leerders gesê.
GET-afdeling se wenners:
1ste plek - Herschelle de Jongh (Aurial Kollege), het die Sharon Prins-trofee gewen.
2de plek - Tanya Rafomoyo (Hoërskool Oudtshoorn)
3de plek - Jodene Standers (Hoërskool Môrester)
FET-afdeling se wenners:
1ste plek - Chrislee Matthee (Langenhoven Gimnasium), het die Karen Alexandertrofee gewen.
2de plek - Daniel Wilck (Hoërskool Oudtshoorn)
3de plek - Wendolene Booysen (Hoërskool