Graaff-Reinet Advertiser

Bingodag by Elizabeth Jordaan-tehuis

- TERESA OPPERMAN

CRADOCK - Die dames van die NG

Kerk Cradock-Noord het op 22 September 'n Bingodag by die Elizabeth Jordaan-tehuis aangebied.

"Vriende van die tehuis het by ons inwoners aangesluit en die oggend het in 'n heerlike ontspanne oggendkuie­r ontaard," vertel Gianna de Beer, van die tehuis.

Ds. JR Niewenhuiz­en, van NG Kerk Cradock-Noord het die voortou geneem en die eetsaal by die Elizabeth Jordaan-tehuis as lokaal gebruik. Die heerlike borde eetgoed en blomruiker­s was die handewerk van die gemeente se vroue.

Die tehuis het ook op 24 September 'n fondsinsam­elingsgele­entheid in die vorm van 'n Erfenisdag-lentebasaa­r aangebied. Die gemeenskap het weereens in volle sterkte opgedaag om hierdie poging te ondersteun en die talle stalletjie­s het die hele terrein verfraai. Wat besonders was tydens die geleenthei­d was die uitstallin­g van veteraanmo­tors van Danie Gerber, 'n motorversa­melaar van Cradock.

 ?? ?? Van links is Laura en Neil Adams, Betsie van Jaarsveld en Gertie Greyling wat heerlik om die tafel tydens die oggendtee kuier.
Die wenners van die bingodag is van links: Lorraine Muller, Adele Bentley, Ronel Gouws en Chris Brits.
Van links is Laura en Neil Adams, Betsie van Jaarsveld en Gertie Greyling wat heerlik om die tafel tydens die oggendtee kuier. Die wenners van die bingodag is van links: Lorraine Muller, Adele Bentley, Ronel Gouws en Chris Brits.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa