Graaff-Reinet Advertiser

Aberdeen Toerisme Assosiasie gestig

- ALEX LOMBAARD

ABERDEEN - Aberdeen is 'n klein, platteland­se, Karoodorpi­e, maar een ryk aan erfenis; van die Inqua-stam wat die rykste Khoikhoi-stam in Suidelike Afrika van voor 1689 was tot by die amper hemelhoë NG kerktoring wat vandag nog waak oor die dorp.

Tans het die dorp geen werkende toerisme- óf inligtings­kantoor nie. Derhalwe het die Aberdeen Residents and Ratepayers Associatio­n (ARRPA) eenparige besluit om die Aberdeen Toerisme Assosiasie (ATA) te stig. ATA se mandaat is om toerisme in Aberdeen te ontwikkel en te bevorder. Die stigtingsv­ergadering is in Augustus gehou en reeds tydens die September-vergaderin­g is terugvoer gegee oor vordering met 'n opwindende staptoer wat beplan word in die omliggende gebied.

"Ons dorp is bekend en gewild as oornaghalt­e vir reisigers tussen die binneland en die kus, maar lank nie bekend genoeg as 'n eindbestem­ming vir toeriste nie. Vir ons dorp se oorlewing en vooruitgan­g moet ons meer toeriste trek," sê ATA se voorsitter, Jurgens Strydom, wat ook die hoofbeplan­ner van die beoogde staproete is.

 ?? Foto: Alex Lombaard ?? ATA-komiteeled­e tydens die September-vergaderin­g.
Foto: Alex Lombaard ATA-komiteeled­e tydens die September-vergaderin­g.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa