Graaff-Reinet Advertiser

Praktiese Damesdag

- TERESA OPPERMAN

HOFMEYR - 'n Praktiese damesdag sal op 8 Oktober vanaf 09:00 tot 15:00 by Alfred House, Dundasstra­at 40 in Cradock aangebied word.

"Ons is besig om ons vere reg te skud," vertel Lani Lombard, gasvrou by Alfred House. Sy vertel verder dat Isabel Wilken van Somerset-Oos, hulle genader het om die huis oop te stel vir 'n groot groep vroue wat graag praktiese demonstras­ies wil bywoon in sorbello handborduu­r, hekel, mosaïek en papier-maché.

Volgens Lombard sal daar ook inkopiesak­ke uit ou dasse, sementplan­thouers met behulp van ballonne en kranse uit ou denims gemaak word asook 'n praktiese dot paint-demonstras­ie. Elke gas sal 'n sakboekie met dié tipe versiering huis toe neem.

Kontak Isabel Wilken by 072 765

7709 om jou plek voor 30 September te bespreek. Kostes is R200 p/p en sluit 'n oggendtee met eetgoed asook 'n ligte middagete in.

 ?? ?? Alfred House in Cradock.
Alfred House in Cradock.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa