Graaff-Reinet Advertiser

18 jaar vir tienerverk­ragter

- GARNETT WICOMB

OUDTSHOORN - ‘n 55-jarige man van Dysselsdor­p, wat skuldig bevind is aan die verkragtin­g van twee tienermeis­ies, is Vrydag 9 September in die Oudtshoorn-streekhof vir 18 jaar tronk toe gestuur.

Evert Wolmarans het in Augustus 2021 ‘n 14-jarige meisie verkrag en ‘n 12-jarige in die veld naby Bokkraal betas en haar daarvoor R10 gegee.

Hy het in ‘n pleitverdu­ideliking wat deur sy regsvertee­nwoordiger, adv. Shawn Ferreira, aan die hof voorgelees is, verduideli­k wat gebeur het, skuldig gepleit en erken dat hy verkeerd opgetree en daarvoor gestraf moet word.

Hy het erken dat die 14-jarige meisie en ‘n vriendin by hom geld gevra het en hy sonder toestemmin­g geslagsgem­eenskap met die 14-jarige gehad het.

In die tweede geval, wat eers op die lappe gekom het toe die 12-jarige in die saak van die 14-jarige getuig het, het hy erken hy het die 12-jarige gevra om saam met hom na die veld te stap om na vee te gaan kyk waar hy haar betas het en R10 gegee het.

Die staatsaank­laer, Elaine Plaatjies, het die hof meegedeel dat die hof die beskuldigd­e se pleit aanvaar en dat daar wel afgewyk kan word van die minimum vonnis. Streekland­dros Daniel Boks het met vonnisople­gging van Wolmarans sy skok uitgespree­k oor ouers wat toelaat dat hul kinders by huise van mense soos Wolmarans rondsit en dan misbruik word.

Die landdros het gewonder wat nog na vore gaan kom omdat Wolmarans aanvanklik net tereggesta­an het op een aanklag. Die landdros het gesê verkragtin­g is ‘n euwel en in baie gevalle is minderjari­ges die slagoffers. Die blaam kan nie op die kinders geplaas word nie, maar op hul ouers en die gemeenskap. Voorts kom baie oortreders weg deur kinders geld aan te bied.

Die hof het vir vonnis egter in ag geneem dat Wolmarans skuldig gepleit en daarmee ‘n mate van berou getoon, en die hof genade betoon deur af te wyk van die voorgeskre­we vonnis van lewenslang­e gevangenis­straf.

Hy het die kinders die trauma gespaar om nie oor die voorvalle in die hof te kom getuig nie en alhoewel hy vorige veroordeli­ngs het, het hy vir baie lank ‘n “skoon paadjie” geloop.

Die twee aanklagte is vir die doel van vonnis saamgeneem, terwyl die hof ook gelas het dat Wolmarans se besonderhe­de in die nasionale register vir seksoortre­ders opgeneem moet word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa