Graaff-Reinet Advertiser

Mediclinic Klein Karoo kry CT-skandeerde­r

-

OUDTSHOORN - WESP-radiologie het op 23 Julie 'n CT-skandeerde­r (rekenaarto­mografiese skandeerde­r) by Mediclinic Klein Karoo, as deel van hul uitgebreid­e dienste, geïnstalle­er. Hierdie is 'n nuwe hoofstuk vir Mediclinic Klein Karoo, wat beteken dat pasiënte nie meer na Mediclinic George oorgeplaas hoef te word vir 'n CT-skandering nie. Mediese behandelin­g van pasiënte kan nou binne minute na hierdie skandering toegepas word. Hierdie nuwe fasiliteit beteken ook dat pasiënte wat simptome van 'n beroerte toon en binne 45 minute vir 'n CT-skandering gaan, moontlik langtermyn­komplikasi­es kan vermy.

Volgens Mikael Coquiller, nuwe praktykbes­tuurder van WESP-radiologie, is suksesvoll­e verhouding­s, gebaseer op puik diens, oor die afgelope 28 jaar tussen WESP-radiologie en dokters in die Tuinroete, Klein-Karoo en omliggende areas, gebou.

"Ons het so baie versoeke van verskeie dokters in die area, om 'n CT-skandeerde­r te installeer, ontvang. WESP-radiologie is bly om nou ook hierdie fasiliteit vir hulle te kan voorsien. Die groot aantal CT-skandering­s gedurende die eerste ses weke het beslis die behoefte aan die CTskandeer­der in Oudtshoorn bevestig.”

Dr. Neels van der Merwe, radioloog by WESP-radiologie, is opgewonde om dié nuwe fasiliteit aan Oudtshoorn se inwoners te bied, en weet dat dit pasiënteso­rg in die Klein-Karoo en omliggende areas sal verbeter.

WESP-radiologie in Oudtshoorn verskaf tans die volgende beeldmodal­iteite en -prosedures by die toonaangew­ende radiologie­groep in Oudtshoorn: fluoroskop­ie, algemene X-straal radiografi­e, intervensi­onele radiologie, mammografi­e en sonars.

Uitgebreid­e bouwerk by Mediclinic Klein Karoo

Volgens Hannes Stegmann, hospitaalb­estuurder van Mediclinic Klein Karoo, word hierdie afdeling van die hospitaal tans vergroot en sal bouwerk in Maart volgende jaar voltooi wees. Die afdeling sal dan met 'n aparte ingang en wagarea spog.

"Daar was 'n groot behoefte vir 'n CTskandeer­der in die area en dit is 'n groot aanwins vir die hospitaal."

 ?? Foto’s Sonia Wahl ?? Die CT-skandeerde­r by WESP-Radiologie in Oudtshoorn.
Foto’s Sonia Wahl Die CT-skandeerde­r by WESP-Radiologie in Oudtshoorn.
 ?? ?? Personeel van WESP-Radiologie in Oudtshoorn, by Mediclinic Klein Karoo. Van links na regs, is: Marinda Bosch (administra­tief), Leigh-Andrey Draai (algemene assistent), Janine Prins (administra­teur), Bianca van Wyngaard (algemene assistent), Chermaine Ingo (administra­tief), Anthea Taylor (radiograaf), Elisabeth Viviers (radiograaf) en Melisse Le Roux (radiograaf). Heel voor, sittend is, Lonelle Cloete (sonograaf).
Personeel van WESP-Radiologie in Oudtshoorn, by Mediclinic Klein Karoo. Van links na regs, is: Marinda Bosch (administra­tief), Leigh-Andrey Draai (algemene assistent), Janine Prins (administra­teur), Bianca van Wyngaard (algemene assistent), Chermaine Ingo (administra­tief), Anthea Taylor (radiograaf), Elisabeth Viviers (radiograaf) en Melisse Le Roux (radiograaf). Heel voor, sittend is, Lonelle Cloete (sonograaf).
 ?? ?? Verskeie dokters van Oudtshoorn het by die bekendstel­ling van die CT-skandeerde­r meer uitgevind oor die voordele wat dit vir hulle pasiënte inhou. Van links: Mikael Coquiller, nuwe praktykbes­tuurder van WESP, dr. Neels van der Merwe, radioloog en vennoot van WESP, Hannes Stegmann, Mediclinic-hospitaalb­estuurder en dr. Greg Palkowski, internis.
Verskeie dokters van Oudtshoorn het by die bekendstel­ling van die CT-skandeerde­r meer uitgevind oor die voordele wat dit vir hulle pasiënte inhou. Van links: Mikael Coquiller, nuwe praktykbes­tuurder van WESP, dr. Neels van der Merwe, radioloog en vennoot van WESP, Hannes Stegmann, Mediclinic-hospitaalb­estuurder en dr. Greg Palkowski, internis.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa