Graaff-Reinet Advertiser

Nuwe besem by Kindersorg

- DEON MEYER Chanelle Michaels

KANNALAND - Kindersorg Ladismith het onlangs ’n nuwe maatskapli­ke werker, Chanelle Michaels (28), aangestel.

Michaels is egter geen groentjie in haar veld nie. Sy het reeds twee jaar by die ACVV in Riversdal gewerk.

Volgens Michaels, wat haar BA-studies aan die Universite­it van Stellenbos­ch voltooi het, is die belangriks­te kwelpunte wat sy in haar area geïdentifi­seer het alkohol, dwelmmisbr­uik, werklooshe­id (veral postCovid-19) asook gesinsprob­leme.

"Ons sal nouer met gesinne moet saamwerk en verhouding­s tussen die gemeenskap en die kantoor versterk sodat skoolverla­ting en jeugmisdaa­d hokgeslaan kan word," sê 'n entoesiast­iese Michaels.

Sy het ook bygevoeg dat sy nie sal skroom om in die beste belang van ’n kind by die howe aansoek te doen om ’n verwaarloo­sde kind in die sorg van goeie pleegouers te plaas nie. Na ’n bepaalde tydperk sal die ouer of ouers weer geassessee­r word om vas te stel of hulle sodanig gerehabili­teer het om hul kind weer terug in hul sorg te kry. Sy beoog ook om binnekort saam met Marquin Smith, maatskapli­ke werker van die departemen­t sosiale dienste, en selfs die plaaslike landdros, Dmitri Mitchell, ’n werksessie in kinderweto­pleiding aan te bied sodat "die gemeenskap die erns van hierdie saak kan besef en die kantoor glad nie as ’n bedreiging moet beskou nie," het Michaels benadruk.

 ?? Foto: Deon Meyer ??
Foto: Deon Meyer

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa