Graaff-Reinet Advertiser

Rooi haal SWD-rugbyspan

- DEON MEYER

ZOAR - Charles Rooi, gr.7-leerder verbonde aan Laerskool RP Botha op Zoar speel tans die rugbyveld rooiwarm. Rooi is gekies om SWD se o.13-span by die jaarlikse Cravenweek te verteenwoo­rdig.

Die groep het op Saterdag 24 September 2022 by die Hoërskool Outeniqua saamgetrek vir ‘n oefensessi­e en het later die middag tydens ‘n pettefunks­ie hul kleure ontvang.

Die spelers is tans besig met voorbereid­ing vir die nasionale toernooi wat op 29 September tot 1 Oktober in Bloemfonte­in plaasvind.

Rooi het ook reeds tydens die Junievakan­sie aan ‘n toernooi te Krugersdor­p deelgeneem waar hy behoorlik die velde aan die brand gespeel het. Ralph Michaels, hoofafrigt­er van die span, is in sy noppies en noem trots dat Rooi tans ‘n opwindende tydperk in sy bloedjonk rugbyloopb­aan beleef.

“Hy kan die spel lees en beskik ook oor ‘n gevaarlike aftrap wat sy teenstande­rs altyd aan die raai het.”

Charles se pa, Jerrit Rooi, het aan die Oudtshoorn Courant bevestig dat sy seun deur Hoërskool Monument in Gauteng genader is om daar skool te gaan. “Ons het egter nog nie ‘n besluit geneem nie.”

 ?? Foto verskaf ?? Charles Rooi van Laerskool RP Botha op Zoar is tans rooiwarm op die rugbyveld.
Foto verskaf Charles Rooi van Laerskool RP Botha op Zoar is tans rooiwarm op die rugbyveld.
 ?? Foto: Wyndham Ewerts ?? ‘n Splinternu­we astro-hokkiebaan vir Hoërskool Oudtshoorn sal binnekort die lig sien.
Foto: Wyndham Ewerts ‘n Splinternu­we astro-hokkiebaan vir Hoërskool Oudtshoorn sal binnekort die lig sien.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa