Graaff-Reinet Advertiser

Erfenisfee­s op hoë noot afgesluit

- GARNETT WICOMB

Jonathan Robain, en sy koortjieor­kes het die dinge Sondagaand op die Bridgtonsp­ortterrein behoorlik laat ruk met honderde Oudtshoorn­iete wat opgeruk het vir die afsluiting van die Oudtshoorn Christelik­e Jeugforum (OCJF) se 2022 Erfenisfee­s.

“Dit was ons grootste erfenisfee­s in die forum se bestaan van 12 jaar,” sê die projekbest­uurder, Phillip Seroux. Die fees kon as gevolg van Covid vir twee jaar nie aangebied word nie.

Volgens Seroux was die enigste ongelukkig­heid van die fees die kanselleri­ng van die Rockets se konsert Saterdagaa­nd omdat die groep eers teen 23:30 Saterdagaa­nd in Oudtshoorn aangekom het na ‘n vertoning vroeër die dag in Grabouw.

“Ons het ‘n verlies van R75 000 gelei en vra die gemeenskap van Oudtshoorn om verskoning. Dit was buite ons beheer en ons is baie jammer daaroor. Ons moes die mense wat kaartjies gekoop het se geld teruggee,” het Seroux gesê.

Die fees het Vrydagmidd­ag afgeskop met sportaktiw­iteite soos netbal, sokker, skaak, dominoes, sewesrugby en inheemse speletjies.

Saterdag se verrigting­e het vroegoggen­d begin met ‘n optog teen dwelms, drankmisbr­uik, bendebedry­wighede, tienerswan­gerskappe en misdaad vanaf Smartie Town tot by die sportterre­in met verskeie geestelike leiers aan die voorpunt.

Die fees is daarna amptelik deur die uitvoerend­e burgemeest­er van Oudtshoorn, Chris Macpherson, geopen.

“Ons moenie op Erfenisdag net die verlede herdenk nie, maar ook onthou dat ons ‘n plig het om dit wat vir ons nagelaat is te bewaar en te onderhou. Ons moet ook onthou dat wat ons nou doen die erfenis vir ons kinders en hul kinders sal bepaal.”

Volgens die burgemeest­er is erfenis ook die natuur rondom ons en spesiale plekke soos die Kangogrott­e wat ‘n wêrelderfe­nisterrein is. Dit is deel van ons almal se erfenis en ons moet dit bewaar en daarna omsien,” het Macpherson gesê.

Die forum het ook ‘n versoekskr­if aan die verteenwoo­rdigers van die SAPD oorhandig waarin ondermeer gevra word vir strenger optrede teen onwettige sjebiens en dwelmsmous­e.

Die fees is Sondagogge­nd voortgesit met ‘n spesiale kerkdiens waar Apostel Vincent Alexander van Kaapstad as gaspredike­r opgetree het en later die aand afgesluit met Jonathan Robain en sy koortjieor­kes.

“Dit was ‘n reuse, reuse, reusesukse­s,” sê Seroux.

Die Oudtshoorn Christelik­e Jeugforum is volgens Seroux op 31 Julie 2010 onder ‘n boom by die Christen Herlewing Kerk in Bridgton gestig met die doel dat die verskillen­de jeugtakke in die Groter Oudtshoorn moet verenig en die jeug werkbare oplossings kry vir hul probleme met programme in die gemeenskap om dwelmmisbr­uik, tienerswan­gerskappe tienermisd­aad, bende aktiwiteit­e, die probleem met straatkind­ers en MIV/Vigs aan te spreek.

Die forum is volgens die hoof- uitvoerend­e beampte, Johnny Baartman, baie trots op wat hulle die afgelope twaalf jaar in die gemeenskap gedoen het.

Die OCJF bied regdeur die jaar projekte vir die jeug aan en mense wat die forum wil ondersteun kan vir Phillip Seroux by 079 987 9486 of Johnny Baartman by 062 106 1904 skakel.

 ?? Foto: Garnett Wicomb ?? Die voorsitter van die Oudtshoorn Christelik­e Jeugform, Johnny Baartman saam met die burgemeest­er van Oudtshoorn Chris Macpherson, geestelike leiers en senior lede van die SAPD by die trofeë wat tydens die fees gewen kon word.
Foto: Garnett Wicomb Die voorsitter van die Oudtshoorn Christelik­e Jeugform, Johnny Baartman saam met die burgemeest­er van Oudtshoorn Chris Macpherson, geestelike leiers en senior lede van die SAPD by die trofeë wat tydens die fees gewen kon word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa