Graaff-Reinet Advertiser

Girls Gone RX-kompetisie bult spiere vir Kansa

- SONIA WAHL

OUDTSHOORN - Die eerste Girls Gone RX-kompetisie in Oudtshoorn is op 24 September by Black Mountain CrossFit aangebied en deur Girls Gone RX SuidAfrika, georganise­er. Hierdie kompetisie se doel in om die Pink Drive van Kansa te ondersteun en die inskrywing­sgeld word aan die inisiatief geskenk.

Melanie Verlinde, eienaar van Black Mountain CrossFit, sê dat dit vir haar lekker was om die CrossFit-gemeenskap bymekaar te kry en te sien hoe dames mekaar aanmoedig, saamstaan en saamwerk vir een gemeenskap­like doel.

Twintig spanne onderskeid­elik van George, Mosselbaai en Oudtshoorn het aan die RX(gevorderd) en BAM- (bad ass in the making) afdelings deelgeneem.

Volgens Verlinde word die vrouens se selfvertro­ue gebou en sien die deelnemers waartoe hulle in staat is wanneer hulle onder druk geplaas word.

"Die feit dat ons in spanne kan deelneem maak dit meer waardevol wanneer ons mekaar ondersteun. Ons as vrouens het net weereens besef dat ons sterker is wanneer ons saamstaan; jy is soveel sterker as wat jy glo jy is," het Verlinde gesê.

Die algehele wenners was:

RX-afdeling - CrossFit George BAM-afdeling - CrossFit George

Anneke Spies van CrossFit Charisma in Mosselbaai, wat vanjaar aan die Statebonds­pele deelgeneem en SuidAfrika in gewigstoot verteenwoo­rdig het, was ook deel van die dag se kompetisie. Hul jongste deelnemer was slegs 11 jaar oud.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa