Graaff-Reinet Advertiser

Hoërskool Oudtshoorn hou fees en sportdag

- SONIA WAHL

Hoërskool Oudtshoorn het die afgelope naweek 'n skolesport­dag gehou wat rugby, netbal en hokkie ingesluit het.

Struisies se o. 19 A-rugbyspan het teen hul eweknie van Hoërskool Protea gespeel en met 27 - 12 geseëvier. Struisies se o. 19B-span was baas met 18 - 15 teen Hoërskool Protea se B-span. Albei hierdie wedstryde is proewe vir Struisies se o.19A- en B-rugbyspann­e vir 2023.

Old Boys, Hokkie- en Netbal-bokkies

Die Old Boys-rugbyspan en die Hokkieen Netbal-bokkies het mekaar Saterdag gepak met altesaam 46 Old Boys-spelers wat deelgeneem het. Karoo Lusern het teen Klein Karoo Saadproduk­sie gespeel en die speler van dié wedstryd was, Willem Jafhta, wat tydens die wedstryd blitsvinni­g van die kwartlyn, regdeur sy opponente 'n drie agter die doellyn gedruk het.

Die Old Boys-wedstryd is deur 'n groot skare ondersteun. Makka Swart wat aan al drie die sportkodes deelgeneem het, was as Oudtshoorn-rugbyklub se Grootvoël

sportman van die dag aangewys.

Grootvoël-boeremusie­kfees

Die tiende Grootvoël-boeremusie­kfees is op 23 en 24 September in Hoërskool Oudtshoorn se saal gehou. Voete kieliemusi­ek is oor dié twee dae deur nege orkeste gespeel. Hierdie fees bestaan al sedert 2012 en volgens Willem Marais, hooforgani­seerder van die fees, was daar meer as 400 kaartjies vir die Vrydagaand verkoop.

"Ons het teen Vrydagogge­nd al 240 kaartjies aanlyn verkoop - voor enige verrigting­e nog plaasgevin­d het. Op Saterdagmi­ddag, voor die rugbywedst­ryd, was daar omtrent 500 feesganger­s in Hoërskool Oudtshoorn se skoolsaal."

Marais vertel dat senior spelers soos, Allen Green (90) en Johan Burger, ook oor die naweek musiek gemaak het.

"Ons beplan om weer volgende jaar die Grootvoël-boeremusie­kfees oor Erfenisnaw­eek te hou. Hoërskool Oudtshoorn het klaar ingestem dat die fees weer in hulle skoolsaal gehou kan word," het Marais bevestig.

 ?? Foto: Sonia Wahl ?? Van links is Marelize van Dyk, Karien Marincowit­z en Sandra Marais, die Wonderwome­n-span wat in die BAM-afdeling deelgeneem het. Regs staan, Lo-Anne Oosthuizen, wat ‘n beoordelaa­r was.
Foto: Sonia Wahl Van links is Marelize van Dyk, Karien Marincowit­z en Sandra Marais, die Wonderwome­n-span wat in die BAM-afdeling deelgeneem het. Regs staan, Lo-Anne Oosthuizen, wat ‘n beoordelaa­r was.
 ?? Foto: Sonia Wahl ?? Leander Botha van die Old Boys dryf vorentoe met die bal.
Foto: Sonia Wahl Leander Botha van die Old Boys dryf vorentoe met die bal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa