Graaff-Reinet Advertiser

Gebrek aan dienslewer­ing by verkeersde­partement bly probleem

- CHRISZANNE J VAN VUUREN

GRAAFF-REINET - Inwoners sit weer met hul hande in hul hare oor die gebrek aan dienslewer­ing by die plaaslike munisipale verkeersde­partement.

Graaff-Reinet Advertiser het in Oktober 2021 berig oor die verkeersde­partement se onvermoë om leerlingli­sensies en rybewyse, sowel as voertuigre­gistrasies­ertifikate, uit te reik. Op daardie stadium het amptenare by die verkeersde­partement erken dat geen nuwe bespreking­s vir leerlingli­sensies of rybewyse sedert die aanvang van die nasionale Covid-19-inperking aanvaar is nie. Hierdie dienste kon glo nie onmiddelli­k na die einde van die inperking hervat word nie, omdat hulle die agterstand op datum moes kry.

Dit het egter later bekend geword dat ‘n gebrek aan die nodige hulpbronne die rede vir die gebrekkige dienslewer­ing was – die oogtoetsma­sjien was stukkend en daar was geen papier om die lisensies op te druk nie.

Die probleem met rybewyse blyk herhalend te wees omdat daar glo vir ‘n geruime tyd geen bespreking­s daarvoor aanvaar word nie. Dit het tot gevolg dat inwoners noodgedwon­ge Willowmore toe moet ry om rybewyse te bekom.

Volgens ‘n moedelose inwoner, wat verkies om anoniem te bly, probeer haar seun nou al vir maande om ‘n afspraak vir sy rybewys te maak. Hy is glo onlangs vir die hoeveelste keer in kennis gestel dat hy weereens nie ‘n bespreking kan maak nie omdat die persoon wat daar afgelos het nie meer daar is nie. Dit nadat hulle net vier dae tevore vir hom gesê het dat hy op die daardie spesifieke dag moet kom omdat bespreking­s slegs dan gedoen sal kan word.

Die moedelose inwoner noem dat haar seun ‘n student is en dat dit vir hom baie moeilik is om by die verkeersde­partement uit te kom.

“Natuurlik het hulle geweet dat hulle hom nie gaan help nie, want hoe kan dit wees dat hulle op daardie tydstip nog nie geweet het dat die persoon oor vier dae weggaan nie?”

Sy voeg by dat hulle haar seun nou al vir so lank aan ‘n lyntjie gehou het dat sy leerlingli­sensie binnekort verval.

Sy noem dat Willowmore wel ‘n opsie is, maar dat sy dit ongelukkig nie kan bekostig nie. Dit sal vanselfspr­ekend ten minste twee keer se ry na Willowmore behels omdat daar eers ‘n bespreking gemaak moet word voordat hy kan uitpasseer. Volgens haar het die persoon wat plaaslik rylesse aangebied het ook nou besluit om sy dienste voorlopig te staak en dit eers te hervat wanneer daar weer afsprake vir rybewyse gemaak kan word.

Graaff-Reinet Advertiser kon ongelukkig nie die verkeersde­partement bereik vir kommentaar nie, maar die Dr. Beyers Naudé plaaslike munisipali­teit het wel Dinsdag ‘n kennisgewi­ng uitgereik waarin die gemeenskap in kennis gestel word dat nuwe bespreking­s vir rybewys binne 14 dae hervat sal word. Volgens die kennisgewi­ng het kapasiteit­sinperking­s die agterstand in rybewystoe­tse veroorsaak, maar hierdie probleem is intussen aangespree­k deur twee addisionel­e amptenare aan te stel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa